Monday 9 June 2014

"Don't give up... The beginnings are always the hardest..." ~ Unknown


Haloes! J

"Don't give up... The beginnings are always the hardest..." - Unknown

Romans 15:13

"May the God of hope fill you with all joy and peace as you trust in him, so that you may overflow with hope by the power of the Holy Spirit..."

Jeremiah 33:3 

"Call to me and I will answer you and tell you great and unsearchable things you do not know..."

"Hope is not a dream, but a way of making your dreams a reality..." - L G Suenens

"Lord, when I lose hope because my plans have come to nothing, help me to remember that your love is greater, is always greater than my disappointments and that your plans for my life is always better than my dreams..."  - Anna Sobrepena

Ek onthou toe ek net in Amsterdam aangekom het... Alles was anders...  My familie en my ondersteuningsnetwerk was nie daar nie, ekt nie geweet hoe die vervoerstelsel werk nie, die kultuur was anders as ons Suid-Afrikaanse kultuur, en ekt nie eens geweet na watter winkels om toe te gaan om kos of bestandele vir kosmaak te gaan koop nie... Die klerewinkels was alles onbekende name en die manier wat hulle hul klere nommer was selfs anders... Ekt 'n paar keer op die regte bus geklim, maar in die verkeerde rigting J. Dit sou super maklik gewees het om op te gee en net my tas te pak en weer terug te kom Suid-Afrika toe...  Maar omdat ek gebid het voor ek my besluit gemaak het, en geweet het dat dit die geleentheid van 'n leeftyd was, kon ek nie net opgee omdat daar soveel onbekende dinge was nie...  Ek dink die moeilikste deel, was om op die vliegtuig te klim en die onbekende te trotseer... As ek nou terugkyk, sal ek dit altyd onthou as een van die beste, en mees geseendste tye van my lewe... Daar het ongelooflike mense oor my pad gekom, ek het change "embrace" en elke geleentheid wat my pad toe gekom het met 2 hande aangegryp...  Ek't deurgedruk deur die moeilike tye, en ekt besef dat God jou nooit iets oor jou pad stuur wat jy nie met Sy krag sal kan aanpak en hanteer nie...

Dus, maak nie saak waar jy jouself vandag bevind nie - moenie bang wees om 'n leap of faith te neem nie...  Die begin sal die moeilikste wees...  Maar jyt vir God aan jou kant!! Sy wil en plan vir jou lewe is dat jy sal "prosper" en dat jy ultimate seen uit elke liewe situasie sal ontvang wat jy moet deurmaak...  Moenie bang wees vir die onbekende nie...  Enige iets wat die moeite werd is, verg dat ons moet uithou, en aanhou, 'n bietjie langer as die ou langs jou...  Fight vir dit wat jy wil he! Moenie dat die fear of failure jou verhoed om te begin nie...  Met God by jou, het jy al die helfte van die geveg gewen :)

Blessings!

Anel xx

No comments: