Monday 2 June 2014

“Never let fear decide your fate…” ~ Unknown

Haloes! J

“Never let fear decide your fate…” ~ Unknown

Luke 18:27

“Jesus replied, “What is impossible with man is possible with God.”

Romans 8:28

“And we know that in all things God works for the good of those who love him, who[a] have been called according to his purpose…”

“Nothing will ever be attempted, if all possible objections must first be overcome…” ~ Samuel Johnson

“More than anything else, I believe it’s our decisions, not the conditions that determine our destiny…” ~ Anthony Robins

FEAR – False evidence appearing real…  Hoe maklik is dit nie vir ons om die “false evidence” te glo nie?  Daar is so baie dinge in die tye waarin ons leef, waarvoor ons kan bang wees…  Die onbekende, verandering, geweld, hartseer, pyn, siekte, finansiële swaarkry, eensaamheid en om uit ons comfortzone the beweeg…  Iemand het eenkeer gesê – “If your goals / dreams aren’t scaring you, they aren’t big enough…”  Iemand het verlede week ‘n opmerking gemaak wat my aan die dink gesit het…  Wanneer jy by jou werk / by die skool gekonfronteer word met iets wat totaal en al buite jou comfortzone val (soos byvoorbeeld om ‘n projek te doen waaroor jy geen kennis het nie), wat sal jy doen?  Jy sal die nodige navorsing doen, met die regte mense gesels, en UITVIND wat dit is wat jy moet gedoen kry…  Jy sal nie net ‘n verskoning voorlê of opgee nog voor jy probeer het nie?  Want as dit jou werk is, probeer mens dit regkry om te doen wat van jou verlang word…

Nou hoekom, wanneer ons in ons geloof “gechallenge” word – soos byvoorbeeld om buite jou comfortzone te beweeg (om iets vir die Koninkryk te doen), hoekom is ons eerste instink dan om onsself te onttrek uit die “running” ten einde die challenge te oorkom nie?  As Christene, is ons geneig om altyd te dink dat daar iemand beter is wat God kan gebruik…  God wil vir JOU gebruik…  Maak nie saak hoe klein jy dink jy is nie – in die Bybel het Hy klein, gewone mense gebruik om ‘n  groot wonderwerke in Sy naam te doen…  Moses wat die Israeliete uit Egipte moes lei – kon nie voor mense praat nie…  En Dawid het vir Goliat verslaan…  Josef het Koning geword en Noag het ‘n ark gebou…  Al wat al hierdie mense in gemeen gehad het, was hulle geloof en vertroue in God!  Hulle het nie op hul eie instinkte staat gemaak nie, maar op hul Hemelse Vader se krag, genade en wysheid!  Ek is verlede wees in sel daaraan herinner weer dat ons moet doen wat ons kan, met wat ons het, waar ons is – en in geloof leef dat God sal SORG vir die res…  Al lyk ‘n situasie vir jou totaal en al onoorkombaar – God is aan jou kant…  En met Hom aan jou kant, is die geveg al 80% gewen…  Moenie toelaat dat vrees vir dit wat onbekend is, jou ontneem van ALLES wat God vir jou bestem het nie…  Mens moet partykeer gaan, daar waar niemand nog gegaan het nie, om ‘n pad uit te trap, waarop ander kan volg…  God wil jou gebruik!!  Sit jou hand in Syne, en laat Hom toe om  die onmoontlike, ‘n moontlikheid vir jou te maak…

Blessings!

Anel xx

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

No comments: