Monday 16 June 2014

“The struggle you are in today, will develop the strength you need for tomorrow…” ~ Unknown

Haloes! J

“The struggle you are in today, will develop the strength you need for tomorrow…” ~ Unknown

Matthew 19:26

“With God, all things are possible…”

Isaiah 40:28-31  

“Have you not known? Have you not heard? The LORD is the everlasting God,   the Creator of the ends of the earth. He does not faint or grow weary; his understanding is unsearchable. He gives power to the faint,   and to him who has no might he increases strength. Even youths shall faint and be weary, and young men shall fall exhausted; but they who wait for the LORD shall renew their strength;   they shall mount up with wings like eagles; they shall run and not be weary;   they shall walk and not faint…”

“Life.*

*Available for a limited time only. Limit one (1) per person. Subject to change without notice…  Provided “as is” and without any warranties. Nontransferable and is the sole responsibility of the recipient. May incur damages arising from use or misuse. Additional parts sold separately. Your mileage may vary. Subject to all applicable fees and taxes. Terms and conditions apply. Other restrictions apply…” ~ Unknown

“Past tears are present strength…” ~ George MacDonald

LIFE…  Hoe waar is die aanhaling hierbo nie?  Ek’t die naweek net weer besef hoe dinge soos wat jy dit ALTYD geken het, in ‘n oogwink kan verander…  Hoe dinge wat vir jou baie saakmaak, weggeneem kan word en oor hoe kort die lewe eintlik is…  Ons het geen waarborg dat “môre” daar gaan wees nie…  Dat ons, môre ons drome sal kan waarmaak of najaag nie…  Ek wil die aanhaling hierbo opbreek – “available for a limited time only, and 1 per person” – elkeen van ons is geseën met LEWE…  Maar ons is TYDELIK op hierdie aarde geplaas, en elkeen van ons het ons EIE lewe gekry…  Ons is nie gewaarborg dat dinge altyd sal wees soos ons dit graag sal wil hê nie…  Dit kan verander sonder enige waarskuwing…  Ons het ook GEEN waarborge nie…  Ons kan dit nie soos ‘n item wat ons gekoop het, “teruggee” sodra dit nie werk soos wat ons graag sou wou hê dit moet nie…  Ons mag dalk seerkry in die proses – wanneer ons opdraende ervaar of wanneer daar “curveballs” na ons kant toe kom…  En elkeen van ons se “mileage” verskil…  Ons kan dalk geseën wees met ‘n VOL lewe…  Een waar ons elke fase kan ervaar - van geboorte, tot wanneer ons op die ouetehuis se stoep land…  Ander, sal dalk ‘n korter tydlyn hê…  Maar EEN iets wat ELKEEN van ons kan doen, is “to make it count…” 

Om seker te maak dat elke liewe minuut wat ons geskenk word, dat ons dit sal gebruik om te LEWE…  Dat ons sal kanse vat sodat ons nooit sal sê – “ek is spyt dat ek nie…”  of “wat as ek maar…”  God wil hê dat jy die BESTE lewe ooit sal hê…  Dat jy elke geleentheid met twee hande sal aangryp, en nooit sal bang wees vir dit wat onbekend is nie – want jy het vir Hom aan jou sy…  HY is die EEN konstante – die een wat is, wat was en wat weer sal kom…  Die Een wat vir jou SO lief het, dat Hy Sy Enigste Seun gegee het om vir jou aan ‘n houtkruis te sterf, sodat jy nie verlore sal gaan nie, maar sodat jy eendag die Ewige Lewe sal kan hê…  Die jaar is halfpad…  Miskien het dit sover HEELTEMAL anders gegaan as wat jy ooit sou kon hoop of dink…  Miskien wens jy, dat jy kan “rewind” en kan oorbegin…  GOEIE nuus – JY KAN…  Maar ek wil jou uitdaag om nie ‘n halwe jaar te wag om 'n nuwe begin te maak en in die proses tyd te mors nie…  Begin sommer NOU…  Vandag…  EN maak seker dat “you make it count…”  God stap saam met jou, en Hy sal niks oor jou pad stuur wat jy nie in en deur Sy krag sal kan aanpak en hanteer nie…

Blessings!


anelli xx

No comments: