Thursday 5 June 2014

gebedsversoeke...

Haloe julle!

Bid asb saam vir die onderstaande gebedsversoeke!  Mag julle 'n pragtige Vrydag en geseende naweek he!

blessings!

anel xx

Anoniem 1: My ma hulle gaan deur 'n geweldige moeilike tyd. Dinge by my pa se werk gaan beroerd. Ons as familie mag glad nie met die media praat daaroor nie. Die maatskappy vir wie hy werk is bankrot. Die werknemers wat al baie jare werk vir die maatskappy word in gedoen met hulle oor tyd. Die omstandighede waaronder hulle werk is vreeslik. Daar word gereeld gekla in die media oor hiérdie maatskappy. Die publiek blameer die werknemers. Die werknemers kry swaar. Hulle is die mense wat die' punch ' moet vat van die publiek, nie die maatskappy nie. My pa is nie meer jonk nie. Hulle word' bevark' met hulle pension. Die maatskappy maak die dinge wat gebeur af as niks. Ek kan sien dis moeilik vir hom. Hy werk al jare vir hulle. Hy is moeg. Finansieel kry hulle swaar juis omdat die oortyd of weg gevat word of dit word op 'n skelm manier uit gewerk dat hulle min kry. Ek vra gebed en genade dat daar 'n uitkoms is vir my ma hulle. Hulle het genoeg swaar gekry met die omstandighede waarin my pa moet werk. Ek weet die Here is groot en magtig. Wonderwerke gebeur elke dag. Ons het 'n wonderwerk nodig, asseblief!! In my lewe het die Here wonderwerke laat gebeur waar voor ek ontsettend dankbaar is. Ek is baie onlangs geseën met 'n vreeslike oulike baba. Ek wil graag hê dat haar oupa haar sal sien grootword.
Bid saam met my asseblief, ek en my ma kan nie meer dit op ons  eie doen nie. 
 
Anoniem 2: 
‘n Vriendin van my – se vriend – Johan Nel – is gediagnoseer met terminale kanker.  Die dokters het hom gister vertel hy het 3 weke oor…..
 
Bid asb vir hom en sy familie en vriende
 
Anoniem 3:  Ek ken iemand wie ‘n 3jarige seuntjie gehad het. So ‘n onskuldige wesentjie. Die seuntjie het twee weke gelede van hulle tweede verdieping afgespring toe hy wou maak asof hy Spiderman is. Die kindjie was in ‘n koma en het vir die afgelope tyd op Life support geleef en is gisteraand oorlede. Ek vra dat  ons asb vir die familie moet bid vir vrede in hul harte. Hy was maar net 3 en het nie die genot gehad van ‘n vol lewe nie. Maar ek wil graag vra dat ons bid vir die familie vir vrede en tog ook dank dat hulle die kindjie geskenk is al was dit nie vir lank nie- dat hulle sy herinnering sal geniet as ‘n soet gedagte en dat hulle trane van blydskap hê, want hy mos nou by ons Papa Jesus- waar hy volkome veilig en vredevol is.

No comments: