Tuesday 1 July 2014

“Not I, not anyone else can travel that road for you… You must travel it yourself…” ~ Walt Whitman

Haloes! J

“Not I, not anyone else can travel that road for you…  You must travel it yourself…” ~ Walt Whitman

Ephesians 2:8-9

“For by grace you have been saved through faith. And this is not your own doing; it is the gift of God, not a result of works, so that no one may boast…”

Genesis 22:1-3 

“After these things God tested Abraham and said to him, “Abraham!” And he said, “Here am I.” He said, “Take your son, your only son Isaac, whom you love, and go to the land of Moriah, and offer him there as a burnt offering on one of the mountains of which I shall tell you.” So Abraham rose early in the morning, saddled his donkey, and took two of his young men with him, and his son Isaac. And he cut the wood for the burnt offering and arose and went to the place of which God had told him…”

“Set a goal to achieve something that is so BIG, so exhilarating that it excites you and scares you at the same time… ~ Bob Proctor

“The grass isn’t always greener - You might be happier someplace else, but remember, you still have to take YOU with you…” ~ Unknown

Ek dink nie een van ons sou ooit kon weet waardeur Abraham moes gaan die dag wat God aan hom gevra het om sy seun – vir wie hy BITTER lank moes wag, te gaan offer het nie…  Want hoe sal mens dit ooit verstaan – jy het JARE lank vir God gebid en Hom vertrou vir iets, net om dit binne ‘n baie kort tydjie weer te verloor?  Dis iets wat mens sommer opstandig kan maak – en kan maak dat jy nie weet watter kant toe, of HOE dan nou nie?? 

Maar iets wat vir my UITSTAAN, is dat Abraham net aangehou het om vir God te vertrou…  Hy’t nie opstandig geraak, kwaad geraak, of ongehoorsaam aan God geraak nie…  Elkeen van ons kan by hom leer…  Want hy het GEWEET hoe lank hy en Sara vir God vertrou het vir ‘n baba…  Hy het GEWEET dat God getrou sal bly aan Sy woord…  God sou nie vir hom belowe dat sy nageslag soos die sterre sal wees, vir hulle SO lank laat wag het vir ‘n baba, net om dit weer weg te neem nie…  In ons lewens is daar baie dinge waarvoor ons hoop en baie dinge waarvoor ons bid…  Ons het partykeer al alles klaar uitgewerk, ons weet hoe ons wil hê dat ons lewens moet verloop, ons weet saam met wie ons, ons lewenspad wil stap, maar baie keer bid ons nie vir God se wil in ons lewens nie…  Ons gebruik ons gebed as noodwiel, en nie as stuurwiel in ons lewens nie…  Dis waar Abraham ‘n absolute voorbeeld vir ons is…  Hy en Sara het gebid vir God se wil in hulle lewe…  En toe hulle vir Isak gekry het, het hulle gebid en God gedank vir hul seun…  Die dag wat God hierdie opdrag aan Abraham gegee het, kon hy baie maklik sy rug op God gedraai het – maar omdat Hy geweet het HOE getrou God is – en hoe God nog ALTYD vir hulle deurgekom het, het hy wat Abraham is, net aanhou glo en vertrou…  EN God het weereens aan hom gewys – hy beloon ‘n getroue hart…  Hy sal nie terugdraai op Sy beloftes nie – en Hy sal ALTYD sorg vir ‘n uitweg – maak nie saak HOE onmoontlik dinge mag lyk in jou lewe nie…  Hou aan vertrou…  God het jou oneindig baie lief, en soos HY vir Abaraham gesorg het, SAL Hy vir jou sorg!

Blessings!

Anel xx

No comments: