Sunday 22 June 2014

“God gave you another day for a reason… Now go find out what it is…” ~ Unknown


Haloes! J
 
“God gave you another day for a reason…  Now go find out what it is…” ~ Unknown
 
Luke 10:25-37

On one occasion an expert in the law stood up to test Jesus. “Teacher,” he asked, “what must I do to inherit eternal life?” “What is written in the Law?” he replied. “How do you read it?”  He answered, “‘Love the Lord your God with all your heart and with all your soul and with all your strength and with all your mind; and, ‘Love your neighbour as yourself.]
“You have answered correctly,” Jesus replied. “Do this and you will live” But he wanted to justify himself, so he asked Jesus, “And who is my neighbour?” In reply Jesus said: “A man was going down from Jerusalem to Jericho, when he was attacked by robbers. They stripped him of his clothes, beat him and went away, leaving him half dead. A priest happened to be going down the same road, and when he saw the man, he passed by on the other side.  So too, a Levite, when he came to the place and saw him, passed by on the other side.  But a Samaritan, as he travelled, came where the man was; and when he saw him, he took pity on him. He went to him and bandaged his wounds, pouring on oil and wine. Then he put the man on his own donkey, brought him to an inn and took care of him. The next day he took out two denarii and gave them to the innkeeper. ‘Look after him,’ he said, ‘and when I return, I will reimburse you for any extra expense you may have.’  Which of these three do you think was a neighbour to the man who fell into the hands of robbers?” The expert in the law replied, “The one who had mercy on him. Jesus told him, “Go and do likewise.”

“If you focus on results, you will never change…  If you focus on change, you will get results…” ~ Jack Dixon
 
“Hardships often prepare ordinary people for an extra ordinary destiny…” ~ C.S Lewis
 
Lewe jy met purpose, of verdra jy maar net die dae om deur die week te kom, ten einde weer te kan naweek hou?  Ek’t nou die dag vir een van my kollegas gesê hoe belangrik dit vir my is dat mens GELUKKIG moet wees, ELKE dag, want ek dink nie ons besef HOE kort die lewe is, totdat dit te laat is nie…  Die storie van die barmhartige samaritaan het vandag op my hart gedruk, en ekt gevoel dis nodig dat ons dit weer ‘n slag moet lees en verstaan…  Ons dominee het ook vandag gepreek oor hoe ons, ons naaste moet liefhê…  Dis nie iets wat vir almal van ons ewe maklik kom nie, want dis BAIE maklik om vas te kyk teen alles wat verkeerd is met die mensdom…  Dink gou as jy verlief is – dis super maklik om lief te hê, want jy HOU van die person wat jy moet liefhe…  Nou moet ons naaste liefde betoon aan die mense van wie ons hou (maklik) en die van wie ons nie hou nie (BAIE moeilik)…  Ons dominee het ook gesê, wanneer jy probeer liefhê uit jou eie krag uit, is dit gewoonlik baie moeilik…  Maar wanneer ons toelaat dat God in ons, en deur ons werk, kom die naaste liefde baie makliker, want ons probeer dit dan nie uit ons eie krag te doen nie…  Moenie op jou eie krag probeer staatmaak om naasteliefde uit te leef nie, maar sit jou hand in God s’n, en laat hom toe om in jou en deur jou te werk…
 
Ek weet nie waar jy jouself bevind op die oomblik in jou lewe nie…  Miskien voel jy nutteloos en asof die mensdom jou nie eens sal mis as jy nie meer daar is nie…  Miskien het jy onlangs bitter seergekry, en is jou geloof in die mensdom dalk bietjie ge-alter…  Miskien sien jy net donker, en is jy vasgevang in 'n gat van depressie op die oomblik… HIerdie aanhaling van vandag, is SO cool - "God gave you another day for a reason...  Now go and find out what it is..." Ek wil jou uitdaag om weg van jou omstandighede te kyk, en iets vir iemand anders te doen – net omdat jy kan…  Of jy nou ‘n koppie koffie vir iemand maak, ‘n geselsie met iemand maak wat dalk oor jou pad gestuur word, wat nodig het dat iemand na hulle moet luister, om vir ‘n vreemdeling te glimlag, of ‘n blommetjie vir iemand te gee wat ‘n moeilike dag gehad het – NET OMDAT JY KAN…  Wanneer ons vergrootglas van ons lewens en ons probleme weghaal, en wanneer ons vir ander daar is, tyd maak om soos die barmhartige samaritaan ‘n VERSKIL te maak – DIS wanneer God se werke deur ons lewens sigbaar raak en wanneer wonderwerke gebeur…  Kom ons maak dit ons “mission” om Jesus se hande en voete te wees hierdie week…  Sodat ons, Sy lig kan laat skyn in hierdie donker wêreld…  Moenie vrees vir jou omstandighede nie…  God het jou ONEINDIG baie lief, en HY sal sorg vir die doodloopstrate om paaie te raak, wanneer jy dit die MINSTE verwag…  Hy sal deure vir jou oopmaak wat GEEN mens sal kan toemaak nie, en Hy sal vir jou beskerm sodat jy jou voet nie teen ‘n klip sal stamp nie…  Leef.elke.oomblik!
 
Blessings!
 
Anelli xx

No comments: