Friday 20 June 2014

“The most beautiful people we have known are those who have known defeat, known suffering, known struggle, known loss, and have found their way out of the depths…. These persons have an appreciation, a sensitivity and an understanding of life that fills them with compassion, gentleness, and a deep loving concern… Beautiful people do not just happen…” ~ Elisabeth Kühler-Ross

Haloes! J

“The most beautiful people we have known are those who have known defeat, known suffering, known struggle, known loss, and have found their way out of the depths….  These persons have an appreciation, a sensitivity and an understanding of life that fills them with compassion, gentleness, and a deep loving concern…  Beautiful people do not just happen…” ~ Elisabeth Kühler-Ross

Habakkuk 3:19

“The Sovereign LORD is my strength; he makes my feet like the feet of a deer, he enables me to go on the heights…”

Psalm 28:7-8

“The LORD is my strength and my shield; my heart trusts in him, and I am helped. My heart leaps for joy and I will give thanks to him in song.  The LORD is the strength of his people, a fortress of salvation for his anointed one…”

“Sometimes, rock-bottom is the perfect place to rebuild…” ~ Unknown

“In the end, some of your greatest pain become your greatest strength…” ~ Unknown

As ek vir jou vandag vra – wat is die GROOTSTE uitdaging wat jy al moes deurmaak, dink ek dat baie van julle nie net een geleentheid sal kan uitsonder nie…  Daar is baie van ons wat DAAGLIKSE battles moet fight…  Maar as ek ook vir jou vra – beskryf vir my HOE jou situasie was waardeur jy moes gaan, sal die situasie van waar jy NOU is, en die situasie waar jy TOE was, twee verskillende prentjies wees…  Wanneer jy IN die hartjie van die swaarkry, uitdagings, pyn en hartseer is – is mens se uitkyk baie keer so dat jy NET die probleem sien, en dat die “probleem” gewoonlik die prentjie baie donker maak…  Wanneer mens die swaarkry, pyn en seer “oorwin” het, onthou mens gewoonlik nie HOE erg dit was toe jy deur die uitdaging moes werk nie…  Mens onthou MEESTE van die tyd, die GOEIE uit die swaarkry J

Ek onthou hoe ek op skool vriendinne geraak het met iemand wat op daardie stadium deur ‘n baie moeilike tyd gegaan het as gevolg van siekte in haar familie…  Ek het op daardie stadium deur presies dieselfde gegaan, en dis asof die Here ons twee uitgekies het om oor mekaar se lewenspaaie te kom…  Want beide van ons het dieselfde vrae gehad, met soortgelyke situasies gestoei en mense wat nog nie deur “moeiliker” tye was nie, sou nie kon verstaan hoe ons voel ens nie…  EK glo dat God BAIE keer sekere uitdagings oor ons paaie bring, sodat ons kan “compassion” hê vir ons medemens…  Jy gaan net kan “compassion” hê, wanneer jy kan assosieer met die moeilike tye wat jou vriende, of familie moet deurmaak…  Een van my vriendinne het dit ook so goed opgesom – “ons bou karakter” wanneer ons deur moeilike tye gaan…  Probleem is net, dat mens baie keer voel dat jy nou ‘n bietjie wil BREAK van karakterbou en net ‘n “normale” patch bietjie leef…  MAAR, ek glo dat die uitdagings wat ons face, wat ons sterker mense maak, help ons weer om te “persevere” wanneer dinge nie altyd maklik wil gebeur of kom nie…  WAAR jy jou ookal vandag bevind, WEET dat God jou oneindig liefhet…  Dat niks oor jou pad sal kom, wat jy nie deur God se liefde, en genade sal kan hanteer nie…  Hy sal ‘n PAD maak, waar jy net stof sien…  NIKS, maar NIKS is vir ons hemelse Pappa onmoontlik nie…  Wees ‘n baanbreker vir God…  Fight jou battles met alles wat in jou is – God sal sorg vir die uitklophou!

Blessings!

Anel xx


No comments: