Sunday 1 June 2014

“On particularly rough days, when I’m sure I can’t possibly endure, I like to remind myself that my track record for getting through bad days so far is 100%... and that’s pretty good…” ~ Author unknown

Haloes! J

“On particularly rough days, when I’m sure I can’t possibly endure, I like to remind myself that my track record for getting through bad days so far is 100%... and that’s pretty good…” ~ Author unknown

Joshua 1:9

“Have I not commanded you? Be strong and courageous. Do not be afraid; do not be discouraged, for the Lord your God will be with you wherever you go.”

Numbers 6:24-26

“The Lord bless you and keep you; the Lord make his face shine on you and be gracious to you; the Lord turn his face toward you and give you peace.”’

“We cannot change the cards we are dealt, just how we play the hand…” ~ Randy Pausch

“Persistent people begin their success where others end in failure…” ~ Edward Eggleston

Ernst van Dyk was verlede Sondag by ons kerk…  En WOW, wat ‘n absolute inspirasie was hy nie!  Hy het sy lewensstorie met ons kom deel…  In kort – vir die van julle wat nie weet wie hy is nie (Ernst was born in Ceres in the Western Cape in 1973 with congenital absence of both legs. Despite this Ernst demonstrated an affinity for all sports codes from an early age and was encouraged by his parents to participate in various activities – from gymnastics to swimming and even table tennis).  Hy is deesdae meer bekend vir sy deelname aan maratonne met sy rolstoel en hy swem. Alhoewel al die “odds” teen hom was, het hy nie toegelaat dat die wêreld aan hom sou vertel wat hy KAN en nie KAN doen nie…  Hy’t sy lewe in God se hande gesit – en toegelaat dat God in hom en deur Hom kan werk…  Hy’t ons met 3 sleuteldoelwitte gelos…  1. Maak seker dat jy met PURPOSE lewe…  2. Bounce back en 3. Spread your energy…

Nou wat beteken dit?  Moenie toelaat dat jou lewe by jou verbygaan deur net te bestaan nie…  Vind uit wat jou laat “tick” en maak seker dat jy dit uitleef – ELKE oomblik!  Bounce back – daar gaan tye kom wat ons platgeslaan, teen die vloer gaan wees…  Gee jouself ‘n dag of wat om te “sulk”, “down in the dumps” te wees…  Luister jou hartseer musiek en maak jouself toe in die kamer, maar BOUNCE back…  Wat gebeur wanneer jy ‘n rubberbal kliphard teen die vloer vasgooi?  Hy bounce net so hard en vinnig terug soos jy hom gegooi het…  Maak jou “comeback” deur Jesus wat jou krag gee, voordat iemand nog kan agterkom hoe platgeslaan jy eintlik is… “Spread your energy” – BALANS…  Woordjie wat so klein is, maar somtyds tog SO moeilik is om te kan toepas in ons lewens…  Moenie al jou energie op een iets spandeer nie... Ons raak partykeer so vasgevang in ons dag tot dag take, dat daar soveel ander goed is wat van die “map” afval…  Maak seker dat jy tyd spandeer saam met geliefdes – terwyl jy die kans het om dit te doen… Sê sommer VANDAG jammer vir daardie persoon vir wie jy dit al lank al moes sê…  Sit en dink oor wat vir jou belangrik is in die lewe, en kyk dan hoeveel tyd jy daaraan spandeer…  In baie gevalle, is dit wat vir ons die belangrikste is, heel onder aan ons lys van prioriteite…  Ons is net van vandag verseker, so laat dit tel!  God het vir JOU uitgekies, en jy is nie maar TOEVALLIG daar waar jy jouself bevind nie!!  Miskien verstaan jy nie jou huidige omstandighede nie – miskien voel dinge net te deurmekaar, en gaan die tyd vir jou te vinnig om by te hou met alles wat aan die verander is…  Wees verseker dat Jesus by jou is – al voel dit vir jou of jy in ‘n wêreld sit waar alles net aanhou verander en dat as jy nie byhou nie – jy agter bly…  In ‘n wêreld wat konstant verander, is daar een iets waaraan ons kan vashou wat ALTYD dieselfde sal wees – Jesus…  Hy sal jou help om terug te “bounce” na jou terugslae…  Hy sal jou help om ‘n lewe van invloed, en ‘n lewe van PURPOSE te lewe, en Hy sal jou help om balans toe te pas…  Sodat jy jou gawes kan uitleef, en alles uit die lewe kan kry wat Hy vir jou bestem het!

Blessings!

Anelli xx

 

 

 

 

No comments: