Sunday 31 August 2014

“God has a purpose for your pain, a reason for your struggles and a reward for your faithfulness… Don’t give up!” ~ Unknown


Haloes! J 

“God has a purpose for your pain, a reason for your struggles and a reward for your faithfulness…  Don’t give up!” ~ Unknown

Isaiah 53:5

“But he was pierced for our transgressions, he was crushed for our iniquities; the punishment that brought us peace was upon him, and by his wounds we are healed…”

Matthew 6:33

“But seek first his kingdom and his righteousness, and all these things will be given to you as well.”

“A bird sitting on a tree is never afraid of the branch breaking, because her trust is not on the branch, but on its own wings…  Always believe in yourself…”           ~ Unknown

“People are often unreasonable and self-centered…  Forgive them anyway…  If you are kind, people may accuse you of ulterior motives…  Be kind anyway…  If you are honest, people may cheat you…  Be honest anyway…  If you find happiness, people may be jealous…  Be happy anyway…  The good you do today, may be forgotten tomorrow…  Do good anyway…  Give the world the best you have and it may never be enough…  Give your best anyway…  For you see, in the end it is between you and God…  It was never between you and them anyway…” ~ Mother Teresa

Die Here is nog nie klaar met jou nie… J  Wat se ongelooflike cool boodskap is dit nie vir ‘n Maandag nie… Wanneer mens na kinders kyk, is daar net hierdie ongelooflike lus vir die lewe! Lewensvreudge!  Hulle lewe voluit!  Hulle sal fietsry, hul knieë nerf-af val, huil, maar ‘n half uur later sal hulle weer terug wees op die fiets…  Reg om dit weer aan te vat en weer te probeer!  Hulle het nie ‘n bekommernis in die wêreld nie, omdat hulle weet dat hulle mamma en pappa sal omsien na hulle!  Ek’t Vrydagaand met ‘n 3 jarige dogtertjie sit en gesels…  Sy’t my nog net 1 keer vantevore gesien (‘n hele paar maande gelede), maar sy’t my onmiddellik aanvaar en land en sand met my sit en gesels, stories vertel van haar maatjies en haar skool…  Syt by die trap afgehardloop – voluit, net om baie hard te val…  Nadat sy ‘n paar trane gestort het, het sy weer voluit gehardloop – sonder enige vrees…  Hoekom word ons dan lamgelê met vrees oor al die moeilikhede, en uitdagings in ons lewens??  Sal ons Vader in die Hemel dan nie vir ons sorg nie???

Ons moet soos kinders begin glo…  Soos kinders begin leef – sonder enige terughouding!  Wanneer ons afval van “die trap” af, raak dit baie keer ‘n REUS van vrees in ons lewe…  Ons kry ander alternatiewe om die lewe aan te pak, sodat ons die trappe kan vermy wat vir ons laat seerkry het…  Ons Hemelse Pa sal vir ons sorg…  Ons moet begin leef met VERTROUE dat God in beheer is…  Dat Hy vir ons sal staande hou…  Of dit nou die mooiste sonskyn dag is, en of dit ongure weer is, gladde paaie wat dit maklik sal maak vir jou om te gly en val…  Pyn is tydelik…  As jy terugdink aan die grootste pyn wat jy al ervaar het – as daar al ‘n tyd verloop het sedert dit gebeur het, sal jy kan saamstem dat mens onthou dat dit erg was, en dat jy seergekry het, maar dat dit slegs ‘n herinnering aan pyn is…  Mens vergeet hoe erg dit op daardie spesifieke oomblik was…  God is groter as jou pyn en seerkry…  God wil jou gebruik, daar waar jy NOU is, om Sy wil in jou lewe te vervolmaak…  Dinge gebeur nie maar TOEVALLIG in mens se lewens nie…  TOE-VAL-LIG…  God se lig, sal val daar waar jy geplant is op die oomblik…  Maak seker dat jou liggie hierdie week HELDER vir God brand…  Jou Pa sal vir jou sorg!  Jy moet net LEWE, VOLUIT, met FAITH!!!  Gaan die week tegemoet met verwagting!!  God is nog nie klaar met jou nie…  HY kan en wil GROOT dinge deur jou doen in hierdie week, maar ook hierdie jaar wat voorlê…  Mag jy God se groot liefde en genade in jou lewe ervaar hierdie week!

Blessings!

anelxx

No comments: