Tuesday 5 August 2014

“The easiest things are rarely rewarding… The rewarding things are rarely easy…” ~ C Fantell


Haloes! J
 
“The easiest things are rarely rewarding…  The rewarding things are rarely easy…” ~ C Fantell
 
Psalm 18:2
 
“The LORD is my rock, my fortress and my deliverer; my God is my rock, in whom I take refuge, my shield and the horn of my salvation, my stronghold…”
 
Isaiah 12:2
 
"Surely God is my salvation; I will trust and not be afraid. The LORD, the LORD, is my strength and my defense; he has become my salvation."
 
“I wanted a perfect ending…  Now I’ve learned, the hard way, that some poems don’t rhyme, and some stories don’t have a clear beginning, middle and end…  Life is about not knowing, having to change taking the moment and making the best of it, without knowing what’s going to happen next…  Delicious ambiguity…” ~ Gilda Radner
 
“Focus on what matters and let go of what doesn’t…” ~ Unknown
 
Ons is baie keer ons eie grootste vyand...  Deur ons denke, wat baie beïnvloed word deur omstandighede, mense en gebeurtenisse, kan ons onsself die grootste onwaarhede wysmaak...  Ons kan onsself ontmoedig, deur vas te kyk in die onmoontlike en moeilike dinge...  Wie is ons om te kan besluit wat moontlik en wat onmoontlik is?  Nie ek, of jy of enige ander mens "for that matter" kan voorspel wat die lewe vir jou inhou of nie inhou nie... 
 
In God se woord, Fillipense 4:13, staan daar geskrywe:  “Ek is tot alles in staat deur God wat my die krag gee...”  Dit beteken – ek kan saam met God, enige iets aanpak, en enige situasie “face”...   Psalm 91 is bevestiging van God se beloftes aan ons – dat Hy ons NOOIT alleen sal los of ons in die steek sal laat nie... Ek lees dit altyd wanneer dinge moeilik gaan – want, maak nie saak HOE moeilik dinge lyk nie, God SAL jou op die regte tyd, met die nodige krag, insig of miskien die regte woorde voorsien wat jy nodig het om enige iets te kan hanteer...  Die duiwel weet wat ons laat worry, en watter dinge vir ons uitdagings in ons lewens is – van toetse by die skool, geleenthede wat jou pad kruis wat jou miskien met moeilike besluite laat, of siekte of dood van ‘n geliefde waarmee jy gekonfronteer word.  Dit is die gebiede in ons lewe wat hy sal target, en waar hy saadjies van twyfel en kommer sal plant.  GEEN mens kan dinge oor jou lewe uitspreek nie – moet hulle dus nie toelaat nie.  Die ENIGSTE Iemand wat ‘n sê oor jou lewe het, is God...  HY kan bepaal of die deur van geleentheid vir jou oopgemaak word, of jy die vrugte van jou harde werk sal pluk, wanneer of hoe genesing vir siekte sal kan kom en hoe jy “closure” kan kry om dood te verwerk – en alles sal volgens SY wil geskied...
 
Miskien voel jy vanoggend sommer net moeg gebaklei teen alles wat verkeerd loop in jou lewe...  Miskien voel jy soos die Psalmskrywer in Psalm 116, dat jy op geen mense kan staatmaak nie, en dat dit vir jou voel of dit klaar is met jou - dat jy nie kan verstaan hoe God na jou sal kan luister, of sal kan voorsien in jou lewe nie, omdat jy soos 'n sondige mens voel.  Vanoggend wil ek jou die versekering kom gee - dis juis vir mense soos ons, wat so voel.  Sy genade is ONEINDIG groot...  Maak nie saak wat nie - Hy sal jou nooit los nie...  Hy sal nie opgee om te probeer om vir jou die beste in jou lewe te gee nie, want Hy WEET ons is feilbaar...  Hy verstaan moeilike omstandighede en situasies, want jy is SY kind... Wees GERUS dat jy vir God het...  Dis nie iets wat alle mense kan sê nie...  En as jy vir God het, het jy niks meer nodig nie...  Hy het ALTYD jou beste belang op die hart, en Hy het jou liewer as wat jy OOIT kan dink...  Hy is by jou, elke oomblik, van elke dag, vir die res van jou lewe...
 
Blessings!
 
Anel xx

No comments: