Wednesday 6 August 2014

“Live the story you want to tell…” ~ Simply Topaz

Haloes! J

“Live the story you want to tell…” ~ Simply Topaz

Nahum 1:7

“The LORD is good, a refuge in times of trouble. He cares for those who trust in him…”

2 Timothy 4:17

“But the Lord stood at my side and gave me strength, so that through me the message might be fully proclaimed and all the Gentiles might hear it. And I was delivered from the lion's mouth…”

“Excuses are for people who don’t want it bad enough…  Stop saying I can’t, I won’t, I might, I’ll try, maybe later, tomorrow…  Start saying “I will” today!” ~ Unknown

“Sometimes the hardest part of the journey, is believing you’re worthy of the trip…” ~ Unknown

Wat is lekkerder as 'n groot skattejag?!  Met 'n groot prys aan die einde vir die een wat die raaisel oplos?  Dit was vir my een van die lekkerste dinge om te doen toe ek klein was!  Die onbekende, die "clues" wat jy moes volg, en uiteindelik die groot plesier wat dit verskaf wanneer jy die raaisel ontsyfer het!  Ek dink die lewe is soos een groot skattejag...  Ons kry gereelde hindernisse wat oor ons pad kom, wat ons sodoende verhoed om vinniger by die prys uit te kom...  Partykeer is daar belonings langs die pad, maar ander kere is daar ook goed wat gebeur wat ons heeltemal van koers af gooi!  En ons sommer op verkeerde paaie laat beland...   Ek ken nie jou lewensstorie nie...  Miskien het jy nog nooit vir Jesus aangeneem nie, want die "road less travelled by" lyk dalk nie vir jou aanloklik nie...  Of miskien ken jy soveel Christene met wie dit maar swaar gaan, dat jy dalk nie die punt insien nie?  Miskien is jy iemand wat al vir Jesus as jou Saligmaker aangeneem het, en sodoende die Grootste geskenk OOIT aanvaar het, maar wat dalk een van daardie Christene is, wie se paadjie met dorings, in plaas van rose besaai is...  Miskien voel jy net vandag of God nie ag slaan op jou gebede nie, of sommer net ver weg is...  Hoe vind ek dan nou my pad na God of andersins, my pad TERUG na God? Leef die storie wat jy eendag aan ander sal WIL vertel J

Ek het ‘n storie wat ek met julle wil deel...  Daar was 'n meisie (5jaar oud) wat weggeraak het in New York...  Sy is op 'n manier geskei van haar ouers, en het nie 'n idee gehad waarheen om te gaan of wat om te doen nie.  Sy het nie haar adres geken nie...  'n Polisieman het haar gesien, haar aan die arm geneem, en gevra wat fout is?  Die meisie het hom toe vertel dat sy verdwaal het, en nie 'n idee het, hoe om by haar ma hulle uit te kom nie.  Die polisieman, vra toe vir haar - is daar ENIGE iets wat jy my kan vertel, om my net 'n idee te gee hoe om jou met jou ouers te herenig?  Sy antwoord toe:  "Just take me to the place of the cross...  If I find that, then I will be able to find my way home..."  Dis wat ek vandag vir jou ook wil se...  As jy eensaam voel, of voel asof God nie jou gebede hoor, of ag slaan op jou bestaan nie...  As jy dalk weggedryf het van God, en nie 'n manier het HOE om terug te kom na Hom nie, begin net by die kruis...  Jesus sal NOOIT iemand wegwys wat na Hom toe kom nie...  Daarvoor is Hy TE LIEF vir jou, en is jy TE SPESIAAL!  Maak nie saak WAT jy al gedoen het nie, die verlede maak nie saak nie...  Wat saakmaak is dat jy vandag, en die res van jou lewe, saam met God sal stap...  Dat jy eendag by die plek sal uitkom gemerk met 'n rooi X :) op jou skattejag kaart, om sodoende jou prys te kry... Kom ons skuif ons fokus vandag, weg van die negatiewe en kom ons fokus op God...  Hy sal jou stuurman wees, en jou weer op koers kry, om Hemelse pryse te behaal...  Te voorsien in dit wat jy nodig het, wanneer jy dit nodig het...  Jy kan net die kaart vashou - Hy sal sorg...

Blessings!

Anel xx


No comments: