Monday 11 August 2014

“Worry is today’s mouse eating tomorrow’s cheese…” ~ Unknown

Haloes! J

“Worry is today’s mouse eating tomorrow’s cheese…” ~ Unknown

Joshua 10:25 

“Joshua said to them, “Do not be afraid; do not be discouraged. Be strong and courageous. This is what the LORD will do to all the enemies you are going to fight.”

Psalm 9:9 

“The LORD is a refuge for the oppressed, a stronghold in times of trouble…”

“To guarantee success, act as if it were impossible to fail…” ~ Dorothea Brande

“Watch your thoughts; they become words. Watch your words; they become actions. Watch your actions; they become habits. Watch your habits; they become character. Watch your character; it becomes your destiny...” – Unknown                                                     
Hoe cool is die quote nie?!  Worry is today’s mouse eating tomorrow’s cheese!  Want hoe absoluut waar is dit nie?  Môre se kaas, sal eers môre eers beskikbaar wees om geëet te word…  Netso, sal dinge wat moontlik kan verkeerd gaan in ons lewens, waaroor ons, onsself vandag al so moeg maak of bang praat, eers MÔRE kan gebeur!!!  Hoekom is dit so dat dinge altyd groter lyk wanneer dit donker is?  Mens kan heeldag in ‘n huis rondloop sonder om vir ‘n oomblik bang te wees, maar sodra die donker toesak, kan dit mens laat “bang” voel…  Wanneer mens ‘n lig in ‘n donker vertrek aanskakel en jy kan sien dat alles is waar jy gedink het dit is, stel dit mens gerus…  Ek dink mens jaag “spoke” op gedurende die nag, omdat jy in die donkerte lê…  Dis moeilik om positiewe raak te sien wanneer jy met donkerte omhul is…

Wat kan jy vandag doen aan iets wat MOONTLIK môre kan gebeur?  Die antwoord is eenvoudig – absoluut niks…  Al wat ons kan doen is om te bid oor die dinge wat ons onderkry, en te vertrou dat God in beheer is van ons lewens…  Dat God ons sal voorsien van die wysheid en krag wat ons kan nodig kry, wanneer ons deur “donker dieptes” moet stap…  Maar iets wat ons, onsself moet aanleer, is om dit DAG VIR DAG te vat…  Rome is nie in ‘n dag gebou nie!  EN ons lewe in tye waar dinge ongelooflik gejaagd is…  Dis maklik om te worry – want dis deel van ons elke dagse bestaan…  Daar is soveel moontlike dinge wat kan verkeerd gaan, of wat ons kan onderkry…  Al wat ons kan doen is om op ons knieë met dit neer te sak, en te vertrou dat God vir ons sal sorg vir uitkoms…  Dat God ons sal voorsien van die krag wat ons nodig het, wanneer ons dit nodig het…  En dat God ons sal rustig maak wanneer “die lewe” ons weer wil onderkry…  Mens se laste raak ligter wanneer jy daarmee neerkniel…  Vertrou vir God – Hy SAL vir jou voorsien!  Los môre vir môre en lewe vandag VOLUIT… 

Blessings!

Anel xx

1 comment:

Anonymous said...

Dankie Anel. Ek geniet al jou Gedagtekies. Blessings vir jou ook!
Cathryn Booysens