Monday 4 August 2014

“The darkest hour has only sixty minutes…” ~ Morris Mandel

Haloes! J
 
“The darkest hour has only sixty minutes…” ~ Morris Mandel
 
Psalm 27:1
 
“The LORD is my light and my salvation – whom shall I fear? The LORD is the stronghold of my life – of whom shall I be afraid?”
 
Luke 10:19
 
“I have given you authority to trample on snakes and scorpions and to overcome all the power of the enemy; nothing will harm you…”
 
“Maybe you can afford to wait. Maybe for you there's a tomorrow. Maybe for you there's one thousand tomorrows, or three thousand, or ten, so much time you can bathe in it, roll around it, let it slide like coins through you fingers. So much time you can waste it. But for some of us there's only today. And the truth is, you never really know.” ― Lauren Oliver
 
“If you cannot do great things, do small things in a great way…” ~ Unknown
 
The darkest hour has only 60 minutes…  Hoe waar is dit nie?!  Maar HOE lank kan 60 minute voel wanneer alles verkeerd gaan nie??  Dit is kan voel of jou swaarkry, pyn of moeilikheid vir EWIG aanhou…  Ons lewe baie keer 24/7 in vrees wanneer daar dinge is wat ons onderkry, of wat ons lewe op sy kop draai…  Perfect love drives out all fear…  Dit is vir my een van die mooiste stukke in die Bybel…  As jy liefhet, is daar nie plek vir vrees nie!   Waarvoor is jy bang?  Watter dinge laat jou ‘n koue sweet van vrees uitslaan?  Weet jy wat?  God is groter as dit waaraan jy nounet aan gedink het…  Hy is groter, en sterker, en Hy het die Satan REEDS oorwin, die dag toe Hy “ PERFECT LOVE” vir ons kom wys het, deur Sy Seun aan ‘n houtkruis te laat sterf…  Daardie dag het Hy kom verklaar dat geen dood, siekte, nood, hartseer of stukkendheid ‘n kans staan teen Hom nie… 
 
Toe ek klein was, was dit altyd vir my die grootste “comfort” om te weet dat as die nag te donker raak, ek net my hand kon uitsteek en my bedlampie aanskakel…  Wanneer daardie liggie aangegaan het in die nag, en ek kon sien dat alles in my kamer nogsteeds is soos wat dit was toe ek gaan slaap het, en die aaklige drome wat ek gedroom het, nie ‘n werklikheid is nie, het dit my met ‘n rustigheid kom vul…  Ons probleme en dinge waarmee ons worstel het ‘n geneigdheid om altyd in die donker groter te lyk!  Die duiwel weet wanneer ons vulnerable is, en weet wanneer om gedagtes van vrees, en ook twyfel in God aan te por…  Snags!  Weet jy watter gerusstelling jy vandag kan hê – Jy dien ‘n God wat NOOIT SLUIMER OF SLAAP NIE!  Hy is HEEL dag en heel nag wakker!  Hy is groter as ENIGE iets wat jy op die oomblik face, en die dag toe Hy vir JOU en MY gesterf het, het Hy ons kom belowe dat ons NOOIT alleen die lewe se probleme sal hoef aan te durf nie…  Ons is in Sy Span, en ons speel daagliks vir ons plek in die Hemel…  Hy sal jou NOOIT verlaat nie, jou NOOIT in die steek laat nie…  As die lewe se dinge dalk te groot raak dit vir jou voel of daar nêrens ‘n lig is om aan te skakel nie, bly op jou knieë…  Selfs al het jy nie die woorde om te bid nie – mens gaan deur sulke tye ook – dis NORMAAL!  Sit net rustig, maar laat God toe om met JOU te praat, deur Sy woord, of deur geliefdes, wanneer jy nie die woorde het nie…  Hy sal jou nie verlaat nie…  Vir jou wat sukkel vandag wil ek Psalm 23 kom gee – “Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my…  In U hande is ek veilig…”
 
Blessings!
 
Anel xx
 
 
 

No comments: