Wednesday 20 August 2014

“The giant in front of you, is never bigger than the God who lives in you…” ~ Christine Caine

Haloes! J

“The giant in front of you, is never bigger than the God who lives in you…” ~ Christine Caine

Psalm 9: 9,10 

“The Lord is a refuge for the oppressed, a stronghold in times of trouble.  Those who know your name trust in you, for you, Lord, have never forsaken those who seek you.”

Psalm 36: 3-6 

“Trust in the Lord and do good; dwell in the land and enjoy safe pasture.  Delight yourself in the Lord and he will give you the desires of your heart.  Commit your way to the Lord; trust in him and he will do this; He will make your righteousness shine like the dawn, the justice of your cause like the noonday sun.”

“There is a treasure in your trial…” ~ Joyce Meyer

“Worry is like a rocking chair…  It gives us something to do, but it doesn’t get us anywhere…” ~ Unknown

Ek was Saterdag by ‘n vroueoggend waar Monique Strydom (van Monique en Kallie Strydom) die gasspreker was…  Hulle was in die jaar 2000 met vakansie in Malaysia – min het hulle geweet WAT daardie vakansie sou inhou…  Hulle en 19 ander mense is ontvoer deur Abu Sayyaf rebelle, en hulle was vir 4 maande lank gevange gehou op ‘n Filipynse eiland…  Haar boodskap het gegaan oor VREES…  Sy het die boodskap begin met die volgende aanhaling:  “The only thing we have to fear, is fear itself…” ~ Franklin D Roosevelt.  Ek kan my nie indink, DIT waardeur sy en haar man gegaan het gedurende daardie 4 maande nie…  Die absolute vrees, van OF hulle ooit weer hul geliefdes sou sien…  Die vrees van of hulle lewend van daardie eiland sou afkom…  Die vrees van wat alles aan hulle gedoen kan word in daardie 4 maande…  Daar was glo ‘n bende wat bekend was vir hul wrede dade om mense se liggaamsdele af te sny…  Sy sê hulle was eers dankbaar om te dink dat hulle gelukkig NIE in daardie bende se hande was nie…  Net om 2 dae later uit te vind dat hulle WEL in daardie bende se hande was…

Haar boodskap aan ons was duidelik…  Dit maak nie saak WAT met jou gebeur nie – maar HOE jy dit hanteer…  Haar voorbeeld was dat 2 mense wat deur PRESIES dieselfde situasie gaan, dit totaal verskillend kan hanteer…  Die een kan as survivor daar uitstap, en die ander een kan bly lê wanneer hy platgeslaan word, en ‘n as ‘n “victim” bestempel word…  Wanneer mens deur moeilike tye gaan, is die geheim om nie in jou eie probleme te bly vaskyk nie…  Kyk hoe jy “of service to other” kan wees…  Wanneer mens begin fokus op ander mense en hulle probleme, word ons probleme baie kleiner…  Wanneer ons deur moeilike tye gaan, het ons ook die EEN geheime wapen wat geen gewone mens ooit sal hê nie…  Ons het vir God…  Hy kan ons moeilikheid in ‘n geleentheid verander…  Hy kan ons help om die slegte dinge wat met ons gebeur het, om te swaai in ‘n POSITIEWE sodat ons dit kan gebruik om te werk vir Sy Koningkryk…  Skuif die fokus van jouself af, en verskuif jou fokus na God…  HY sal sorg vir uitkoms – daar waar jy net donker, moeilikheid, pyn en seer sien…  Hy wil jou gebruik om ‘n POSITIEWE verandering in hierdie wêreld te maak…  Een waar jy mense kan inspireer vir Sy Koninkryk en deur net jou lewe ten volle te LEEF…  God het jou oneindig baie lief…

Blessings!

Anelxx

No comments: