Sunday 24 August 2014

"Hardships often prepare ordinary people for an extraordinary destiny..." - CS Lewis

Haloes! :)

"Hardships often prepare ordinary people for an extraordinary destiny..." - CS Lewis

John 14.27

"Peace I leave with you; my peace I give you. I do not give to you as the world gives. Do not let your hearts be troubled and do not be afraid." 

2 Timothy 1:7

“For God did not give us a spirit of timidity, but a spirit of power, of love and of self-discipline...”

"To love is to risk not being loved in return... To hope is to risk pain... To try is to risk failure, but risk must be taken, because the greatest hazard in life is to risk nothing..." - Leo Buscaglia

"The will of God does not take you where the grace of God cannot keep you..." -Pastor John Hagee 

Waaraan klou jy vas?  Wat is jou reddingsboei wat jou “afloat” hou op hierdie stadium van jou lewe?  Jou werk?  Jou finansies?  Jou siekte?  Jou vriende?  Jou geliefde?  Jou familie?  Jou probleme?  Krisisse?  Oorwinnings?  Hoop?  Hierdie aanhaling van CS Lewis is vir my ‘n ongelooflike groot waarheid!!!  Jy ervaar dalk moeilikheid, opdraande, hartseer of pyn op hierdie stadium van jou lewe…  Dit waardeur jy tans gaan, is slegs besig om jou voor te berei op alles wat God vir jou het - wat vir jou wag in jou toekoms...  Dit voel dalk vir jou of elke gebed wat jy bid teen die dak vasgaan…  Of selfs erger nog – miskien het jy ophou bid, ophou hoop, ophou glo…  Vir jou wil ek vandag sê – God staan reg met SEëN vir jou lewe…  Elke een van ons het ELKE dag 86,700 sekondes van GUNS, hoop en die belofte van ‘n nuwe dag wat nuwe geleenthede bring…  Dit kry ons outomaties, wanneer ons, ons oë oopmaak aan die begin van ‘n nuwe dag!  Ons hou egter partykeer so vas aan alles wat nie lekker is nie, alles wat ons moeg maak, seermaak, OP maak vir die lewe, dat ons hande só vol is, dat daar nie plek is vir die “blessings” wat God oor jou en jou lewe wil uitstort nie… 

Wil jy nie maar bietjie laat gaan, aan alles wat jy so vashou, en so hard probeer om te hanteer en te beheer nie?  Laat bietjie die stuur aan God oor…  Hy is in elkgeval ‘n Expert op ELKE gebied van moeilikheid of dalk oorvloedige blydskap wat jy tans in jou lewe ervaar…  Hy sal jou nie laat verdrink nie – Hy wil jou lewensboei wees wat jou “afloat” hou, wat sorg dat jy die mens word wat Hy jou bestem het om te wees…  Een wat ‘n inspirasie sal wees vir die mense rondom jou…  Wat daagliks sy lig SO laat skyn, dat alle eer aan Jesus toeval, wat jou met soveel dinge geseën het!  Ons neem net so dikwels, so baie dinge as vanselfsprekend, dat ons partykeer GROOT dinge wat GROOT seën in ons lewens is, miskyk…   Mens besef gewoonlik eers die waarde van iets, wanneer jy dit verloor het…  Moenie wag om iets in jou lewe te verloor, voordat jy die waarde daarvan raaksien nie…  En maak jou hande oop – kom met verwagting na Jesus…  Hy wil nie hê jy moet so swaar dra aan als wat jy saamsleep nie…  Hy wil hê jy moet jou hande oopmaak dat jy Sy seën in jou lewe ELKE dag sal raaksien en ervaar hoe Hy jou las ligter maak…

Hier is ‘n gebed wat ek vir elkeen van julle het…  Vir watookal vir jou wag in die nuwe week wat voorlê…

“Here, dit is my begeerte om U beter te ken sodat ek al die seëninge kan ervaar wat U vir my het…  Ek bid minder as wat ek sou wou, en ek gaan deur tye van vrees en vertwyfeling, maar ek wil vandag daaraan wy om U meer te vertrou en sonder ophou te bid – selfs al voel dit soos ‘n worsteling – want ek weet ek sal in U teenwoordigheid verander word…  Ek sal na U bly soek totdat ek die vertroosting van die Heilige Gees ervaar…”  ~ “Kragtige gebede vir elke dag…  ~ Stormie Omartian”

Blessings!

Anellixx

No comments: