Wednesday 6 August 2014

gebedsversoeke...

Haloe julle,

Hoop dit gaan goed met elkeen van julle!

Bid asb saam vir die onderstaande.

Lekker aandjie!

Anel xx

Anoniem 1: Die meisie wat in die trein verongeluk het Lezaan van Niekerk. Ek ken haar baie goed. Sy was saam my in koshuis en skool in Piketberg. Dis my broer se vriendin en hy het saam haar matriekafskeid toe gegaan. Hy baie geskok oor als. Ek wil net vra of jul vir haar gesin en al haar vriende en familie sal bid vir vertroosting in die hartseer tyd.

Anoniem 2:  Kan julle asseblief bid vir my skoon suster sy is nou al 6 weke in die hosptitaal en het gedink sy gaan vrydag huis toe maar ongelukkig was daar nog fout en sy moes nog ‘n operasie ondergaan. Haar gemoed was baie swak oor die naweek, sy het 3 kinders wat nie so lekker verstaan dat hulle mamma so lank in die hospital moet bly nie. Haar man werk baie vroeg in die oggende en hy het nou ook baie druk op hom om alles by mekaar te hou, hoewel almal ondersteun is dit nooit wat dit moet wees nie. Ons wil haar net gesond en terug by haar familie he.


No comments: