Haloes! J
“Twenty years from
now you will be more disappointed by the things that you didn’t do than by the
ones you did do. So throw off the bowlines. Sail away from the safe harbour.
Catch the trade winds in your sails. Explore. Dream. Discover...” - Mark Twain
Psalm 46:1-3
“God is our refuge and strength, an ever-present help in
trouble. Therefore we will not fear, though the earth give way and the
mountains fall into the heart of the sea, though its waters roar and foam and
the mountains quake with their surging…”
Psalm 62:6
“Truly he is my rock and my salvation; he is my fortress,
I will not be shaken…”
“I will not let
anyone walk through my mind with their dirty feet…” ~ Gandhi
“Doubt kills more
dreams than failure ever will…” ~ Unknown
Hierdie is absoluut een van my GUNSTELING aanhalings in
die HELE wye wêreld… H. Jackson Brown,
Jr het die spyker op die kop geslaan met hierdie woorde… “Twenty years from now you will be more
disappointed by the things that you didn’t do than by the ones you did do. So
throw off the bowlines. Sail away from the safe harbor. Catch the trade winds
in your sails. Explore. Dream. Discover…”
Ons WEET wat hierdie aanhaling sê, maar wanneer ons dit moet TOEPAS in
ons lewens, is dit ‘n totaal en ander “ballgame”… Hoekom sê ek dit, mag baie van julle dalk
wonder…
God het as’t ware vir elkeen van ons ‘n "seiljag" geskenk
gegee, die dag wat ons gebore is… Baie
van ons kies egter om die seiljag geanker te hou, en hom veilig in die hawe
geparkeer te hou, sodat niks met hom kan gebeur nie… Ons loop nie risiko om die seiljag te beskadig,
of om dalk in ‘n storm vasgevang te raak nie…
Hy bly blink en mooi, maar in die proses, verloor ons elke moontlike
geleentheid om die wêreld te kan sien…
Ons seiljag is partykeer op droë grond geanker… Dis veilig, pynloos en sonder enige
risiko… Om te LEEF, beteken dat jy
risiko SAL loop… DIt beteken dat jy die
anker sal lig van jou seiljag, en dat jy met God as jou stuurman, sal begin om
die seile te span, jou horisonne te verbreed deur oor die “boeie” wat jy
jouself mee inperk te beweeg, en te ervaar ALLES en meer wat God vir jou as jou
stuk uitgesit het (you are His ELECT child)…
Ons is egter nie gevrywaar dat stormagtige weer nie oor ons pad sal kom
nie… Wat ons egter wel kan seker van
wees, is dat God ons nooit sal verlaat nie, en ons NOOIT in die steek sal laat
nie… Soos wat Hy die storm stilgemaak
het, toe die dissipels vreesbevange geraak het, so kan Hy ook die storms in jou
lewe stilmaak… Daar waar daar geen hoop meer is vir ‘n
geliefde (of jyself) wat siek is nie – God is groter as siekte… Vir jou wie se verhouding op die rotse loop,
en vir wie dit lyk of daar geen uitkomkans meer is nie – God weet beter… Hy sal sorg dat dinge moet uitwerk, soos Hy
wil… Vir jou wie dalk deur ‘n
ongelooflike moeilike tyd by die werk of skool gaan – God sien jou raak… Hy spesialiseer in onmoontlike
situasies… Hy KAN heelmaak wat gebroke
is… Hy kan geleenthede maak waar daar
net toe deure is… Span jou seile, en
maak seker dat jy op NIKS uitmis wat God vir jou bestem het nie! Moenie eendag, wanneer jy op die ouetehuis se
stoep sit, spyt wees oor dit wat jy nie gedoen het nie… Maak seker dat jy eerder sal herleef die
herinneringe van ‘n VOL lewe wat jy gehad het... Een wat kleurvolle horisonne oorgesteek het,
terwyl jy weet dat God met ELKE tree by jou is…
Blessings!
Anel xx
No comments:
Post a Comment