Haloes! J
Anel xx
“God’s abundance
always follow God’s changes in your life…
He does not send you on a path of change and then abandon you…” ~ Pastor
Matthew Hagee
Psalm 16:8
“I keep my eyes always on the LORD. With him at my right hand, I will not be
shaken…”
Psalm 34:19
“The righteous person may have many troubles, but the LORD
delivers him from them all…”
“Work through your
pain… On the other side of pain is a
reward… Pain isn’t permanent… I used pain to push me to greatness… You CAN get through this… You are bigger than your pain… Don’t give up… Don’t give in…” ~ Eric Thomas
“You don’t have to
be great to start, but you have to start to be great…” ~ Zig Zagler
Verandering is iets wat partykeer vreesaanjaend kan
wees… Dit gooi ons meeste van die tyd
heeltemal buite ons comfortzones aangesien dit “territory” is wat ons nog nooit
voorheen betree het nie… Ons sal baie keer
onsself “minderwaardig” “rate” wanneer ons dinge moet aanpak wat ons nog nooit
voorheen gedoen het nie… Net omdat jy
nie die ondervinding het nie, beteken dit nie dat jy ‘n “failure” gaan wees
nie…
Ek’t verlede week met iemand gesels wat my so geïnspireer
het… Sy’t my weer opnuut herinner aan
Dawid… God het vir Dawid uitgekies
alhoewel hy was nie die grootste, of sterktste ou was nie… ‘n Gewone skaapwagter – het God gekies om
teen Goliat te veg… Hoe bang moes hy nie
gewees het nie – want die “odds” was VERSEKER teen hom!!! En met 5 klippies en ‘n slingervel, het hy
opgedaag vir die “face off”… Maar wat
Goliat nie geweet het nie, was dat Dawid gewapen was met die BESTE… Hy het vir God aan sy kant gehad… God het reeds die pad vir hom gereed gemaak,
sodat hy net kon opdaag vir die geveg…
God het die “verslaan” werk gedoen…
Miskien is jy tans op ‘n plek in jou lewe waar jy “’n Goliat” face… Waar jy heeltemal buite jou comfortzone is,
en nie lekker weet – hoe nou verder nie…
Miskien is daar soveel onbeantwoorde vrae in jou gemoed – vrae wat jy
nie weet WAAR jy die antwoorde vandaan gaan kry nie… Of miskien sit jy met soveel “komplikasies”
in jou lewe, waar jy net nie weet HOE om jou lewe te “onkompliseer” nie… Ek wil vandag vir jou verseker - God is
groter… If God brings you to it – He
WILL get you through it!!! Hierdie
aanhaling van Matthew Haggee is vir my netso inspirerend! God sal jou nie op ‘n pad van verandering
sit, net om jou te los wanneer jy die nuwe uitdagings betree nie… Hy sal by jou wees met ELKE liewe tree wat jy
gee!!! Hy sal jou beskerm, en behoed en
bewaar en Hy sal jou die oorwinning gee oor jou Goliat… YOU ARE WORTHY… God het jou oneindig baie lief… Hy sal sorg vir die deurbrake – jy hoef net
op te daag…
Blessings!
Anel xx
No comments:
Post a Comment