Tuesday 26 August 2014

"Stop saying, I don't know the right people!" Do you know God? He's rather influential on this planet!" - Pastor John Hagee

Haloes! :)

"Stop saying, I don't know the right people!" Do you know God? He's rather influential on this planet!" - Pastor John Hagee

Psalm 32:7-8

"You are my hiding place; you will protect me from trouble and surround me with songs of deliverance." 

Psalm 34:17

“When the righteous cry for help, the Lord hears, and rescues them from all their troubles." 

"Life is about balance... Be kind, but don't let people abuse you... Trust, but don't be deceived... Be content... But never stop improving yourself..." - Unknown

"If you've got a mountain, God's got a word..." - Unknown

Ek was die afgelope maande gekonfronteer met soveel getuienisse van mense wat stories vertel van dinge wat net nie wil uitwerk nie...  Dit het my net weer opnuut laat besef het, dat ons ALMAL net mense is, en dat die lewe meeste van die tyd baie hard kan wees...  Deure van geleenthede klap links en regs toe, en hoe jy ookal probeer, en hoe jy ookal bid, nuwe deure wil net nie oopgaan nie...  Baie keer kan dit voel asof God beloftes gemaak het, wat net nie bewaarheid word nie...  Of dat die talle gebede wat jy het, net onbeantwoord bly...  Dat jy nie vrede in jou lewe ervaar met waar jy jouself bevind nie...  Die dinge voel net deurmekaar, sonder doel, en asof niks wil uitwerk nie...

Die twee tekste wat ek hierbo het, is twee van my gunstelinge!  Dit is ABSOLUUT waar, vir elkeen van ons wat God se kinders is...  Ek kan vandag vir jou VERSEKER...  God laat die dinge in plek val, op SY TYD – even if you are climbing a mountain – He WILL have a word for you!  Al wat Hy van jou vra, is dat jy nie moed op sal gee nie, dat jy sal aanhou veg, aanhou om jou beste te gee, en aanhou GLO dat Hy SAL sorg...  Hy is nie 'n God wat sal jok nie - dus kan ons die beloftes wat in die Bybel is, vir onsself toe-eien!  Plak daai beloftes op jou yskas, of by jou badkamer spieël, lessenaar of kasdeur op, dat wanneer jy mismoedig wil word, jy net kan opkyk, en herinner kan word aan God se grootheid, almag, en beloftes...  As jy gehoorsaam is, en God vertrou, SAL Hy jou beloon!  Hy sal die seën uit die Hemele op jou laat daal, en dit SAL op die regte tyd kom...  Wanneer die dinge nie gebeur soos jy dit wou hê nie, is dit omdat God iets 150 keer beter vir jou ingedagte het!  Al voel dit vir jou vandag dalk onmoontlik om te glo - wag net op Hom... Hy sal jou NIE in die steek laat nie...

blessings!

anelli**

No comments: