Thursday 14 August 2014

“Life is not always a matter of holding good cards, but sometimes, playing a poor hand well…” - Jack London

Haloes! J

“Life is not always a matter of holding good cards, but sometimes, playing a poor hand well…” - Jack London

Psalm 121:1-2 

“I lift up my eyes to the mountains—where does my help come from? My help comes from the LORD, the Maker of heaven and earth…”

Isaiah 58:11 

“The LORD will guide you always; he will satisfy your needs in a sun-scorched land and will strengthen your frame. You will be like a well-watered garden, like a spring whose waters never fail…”

“Nothing is completely wrong… even a broken clock is right twice a day…” - Paulo Coelho

“We have to hurt in order to know…  Fall in order to grow…  Lose in order to gain, because most of life’s lessons are taught through pain…” ~ Unknown

Het jy al ‘n fout gemaak in jou lewe?  Ek dink nie daar is EEN mens wat sal kan antwoord dat hulle nog nooit fouteer het nie…  Foute maak, is deel van die lewe…  As jy nie foute maak nie, leef jy verseker nie…  Want ons het DAAGLIKS dinge wat ons verkeerd doen…  Of dit nou is om van iemand te skinder, oordeelsfoute te maak, foute in ons werk, foute met hoe ons optree in ons verhoudings met ons geliefdes, vriende en familie lede, of foute in groot besluite – IT IS PART OF LIFE…  Iets wat my ouers nog altyd aan my gesê dat ‘n fout net ‘n fout is as jy hom nie kan regmaak nie…  Dis iets wat ons baie maklik vergeet…  Meeste van ons is mense wat nie daarvan hou om foute te maak nie…  Ons wil perfekte lewens leef – sonder om ander mense seer te maak…  Die harde realiteit is dat geen een van ons perfek is nie…  NET God is perfek…  En Hy het vir ons elkeen se foute REEDS betaal…  Die duiwel het GEEN mag oor jou lewe nie, want jou Saligmaker het reeds vir jou die Ewige lewe bewerkstellig…

Hou dus op om so te “worry” oor alles wat kan verkeerd gaan…  Oor groot besluite wat jy dalk verkeerdelik kan neem…  Oor verkeerde woorde wat jy dalk kan uiter…  Soos ek gesê het – ‘n fout is net ‘n fout as jy dit nie kan regmaak nie… Moenie bang wees om te erken as jy verkeerd was nie…  Moenie die tyd laat verbygaan sonder om te sê dat jy jammer is nie…  Doen wat jy kan, met die tyd wat jy het…  God gee aan ons ELKE liewe dag 86 400 sekondes om te spandeer soos ons goeddink…  God het ook aan ons elkeen ‘n brein gegee, insig en gesonde verstand om besluite te kan maak…  Deur te bid, en te vra vir Sy leiding, sal Hy aan ons wysheid gee wanneer ons dit nodig het…  Ons moet net vra – en VERTROU…  Wanneer ons dalk keuses maak wat nie inpas in die plan wat Hy vir ons gehad het nie, glo ek met my HELE hart, dat Hy die verkeerde keuses gebruik om ons te shape, en bou Hy dit in, in ons lewensstorie!  Hy sal die dinge laat uitwerk, sodat jy steeds nie sal uitmis op ALLES wat Hy vir jou het nie!  God het GROOT dinge in store vir jou lewe – moenie vir ‘n OOMBLIK daarin twyfel nie…  Al voel jy of jy tans in ‘n doodloopstraat jou tyd spandeer – SAL God vir jou ‘n pad maak, wat GEEN mens sal kan afbaken nie…  Hy het vir die Israeliete ‘n pad deur die Rooi See gemaak en hulle het op droë grond daar deurgestap…  God is able – no matter WHAT the question…

Blessings!

Anel xx

No comments: