Tuesday 12 August 2014

“Pain is temporary… It might last a minute or an hour, or even a year… But it will subside and something else will take its place… But if you quit, it will never go away…” ~ Eric Thomas

Haloes! J

“Pain is temporary…  It might last a minute or an hour, or even a year…  But it will subside and something else will take its place…  But if you quit, it will never go away…” ~ Eric Thomas

Deuteronomy 7:9 

“Know therefore that the LORD your God is God; he is the faithful God, keeping his covenant of love to a thousand generations of those who love him and keep his commandments…”

Deuteronomy 31:8 

“The LORD himself goes before you and will be with you; he will never leave you nor forsake you. Do not be afraid; do not be discouraged.”

“Life is 10% what happens to you and 90% how you respond…” ~ Unknown

“Life is the most difficult exam. Many people fail because they try to copy others – Not realising that everyone has a different question paper!” ~ Unknown

OM handdoek in te gooi, of op te gee, is een van die maklikste dinge om te doen…  Jy moet net nie meer “worry” nie en jou aandag en energie aan ander dinge wy…  Maar vandag wil ek nie van gewone “handdoek ingooi” of “quitting” praat nie…  Ek wil vandag praat oor “opgee op God se beloftes”, oftewel, opgee op “God se timing” vir sekere dinge in ons lewens…  Dis so maklik wanneer mens nie resultate sien nie, om “’n ander uitweg” te wil soek of “op ‘n ander manier te probeer…”  Maar wanneer iets in God se wil vir ons lewens is, sal dit sommer net gebeur…  Iemand het my verlede week weer herinner – “God is able” – maak nie saak WAT die “ask” is nie…  My gunsteling vers is ‘n bewys van NET dit:  Ephesians 3:20-21: “Now to him who is able to do immeasurably more than all we ask or imagine, according to his power that is at work within us,  to him be glory in the church and in Christ Jesus throughout all generations, for ever and ever! Amen…”

Abraham en Sara is vir ons ‘n absolute voorbeeld van hoe dit is om NOOIT op te gee op dit wat God ons belowe nie…  Volgens Genesis 17:15-19 sien ons dat Abraham ‘n 100 jaar oud was, en Sara was 90 toe God gesê het dat Hy hulle sou seën met ‘n baba seuntjie…  Vir ons as mens is hierdie iets wat baie moeilik sal wees om te begryp!  Want in ons menslike raamwerk, is jou lewe basies oor wanneer jy daardie ouderdom bereik…  Maar so ONGeLOOFLIK soos God is, wys Hy deur Abraham en Sara, dat daar ABSOLUUT NIKS is wat vir Hom onmoontlik is nie!!!  Dat AL wat HY van ons vra, net is om gehoorsaam te bly en te wag op Sy tyd…  Dat Hy ons drome aan ons sal gee – sonder dat ons ‘n vinger verroer (soms ander kere moet ons, ons deel doen en Hy sal dan sorg vir die res) – solank ons net vertrou op Hom, en GLO dat Hy vir ons ‘n uitweg sal bring…  Miskien is daar iets in jou lewe waarvoor jy bid…  Miskien is daar iets waarvoor jy vir God vertrou het, maar die deure van geleentheid het net toegebly…  Miskien het jy al “gequit” om te wag op God, en het jy al ALLES probeer om dinge te verander, of om die dinge waarvoor jy vertrou te “laat gebeur…”  Ons dien ‘n God wat spesialiseer in die onmoontlike…  ‘n God wat enige siekte kan genees, ‘n God wat enige situasie kan verander – maak nie saak HOE sleg dit is nie…  ‘n God wat sorg vir deurbrake, wanneer ons nog vaskyk in probleem…  Moenie “worry” oor dinge wat buite jou beheer is nie…  God is groter as dit…  Moenie worry oor dinge wat net nie wil “gebeur” nie – bid daaroor en sit dit in God se hande…  Wanneer iets in Sy wil vir jou lewe is – sal Hy dit voorsien – al wat jy moet doen, is VERTROU en wag op God se tyd…

Blessings!

anelxx

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

No comments: