Monday 18 August 2014

“Hard times will consistently be there, but so will Christ…” ~ Unknown

Haloes! J
 
“Hard times will consistently be there, but so will Christ…” ~ Unknown
 
Matthew 11: 28-30 
 
“Come to me, all you who are weary and burdened, and I will give you rest.  Take my yoke upon you and learn from me, for I am gentle and humble in heart, and you will find rest for your souls.  For my yoke is easy and my burden is light.”
 
Deuteronomy 33:27 
 
“The eternal God is your refuge, and underneath are the everlasting arms.”
 
“God always has something for you…  A key for every problem, a light for every shadow, a relief for every sorrow and a plan for every tomorrow…” ~ Unknown
 
“Someone once told me not to bite off more than you can chew…  I said I would rather choke on greatness than nibble on mediocrity…” ~ Unknown
 
Het jy al probeer uitkom by ‘n deur wat effens “uitgesit” is, en maak nie saak HOE jy aan hom stamp nie, hy bly toe??  Ekt verlede week ervaar hoe iemand ‘n deur bly stamp het, net om uit te vind dat dit al die tyd gesluit was J  Ekt self met ‘n deur gesukkel wat uitgesit was, en maak nie saak HOE ek probeer het nie, die deur het toegebly…  Ek het op die ou end ‘n alternatiewe deur gebruik om uit die huis te kom…
 
Dit het my sommer laat dink aan die lewe…  Hoe ons baie keer ‘n spesifieke deur van geleentheid kies of ‘n lewenspad kies, en maak nie saak WIE wat sê nie – DIT sal die pad wees wat ons stap…  Al wil die deur nie oop nie, sal ons aanhou “stamp” tot ons hom oop het…  Partykeer kyk ons so vas in ons vooropgestelde idees, dat ons “mis” dat al wat eintlik vir ons nodig was om te doen, was om die sleutel in die slot te draai, sodat die deur vir ons kan oopgaan…  Ons mis baie keer uit op SOVEEL van God se blessings vir ons lewe, omdat ons SO vaskyk in alles wat ons NIE het in ons lewe nie…    Ek glo werklik dat mens altyd opeindig waar jy moet wees…  Ons het ‘n Hemelse Pappa wat SO kreatief is, dat nie EEN van ons op hierdie aardbol, dieselfde storie het nie…  Elkeen van ons is uniek, en ELKEEN van ons het ‘n EIE lewe gekry om te LEEF!  Maak nie saak of dit voel asof die moeilike tye VIR EWIG aanhou nie – jou Hemelse Pappa is DAAR vir jou – TOT IN EWIGHEID!!!  Ek weet nie watse moeilikheid jy op die oomblik “face” nie…   Of watse deur jy besig is om aan te stamp wat net nie wil oopgaan nie…  WEET net vandag dat God groter is as ENIGE finansiële moeilikheid, werkloosheid, eensaamheid, gebroke verhoudings of ongeneeslike siektes…  Hy is die ultimate geneesheer, vredemaker, rekenmeester en “problem solver” wat bestaan…  Al wat ons moet doen, is om OP TE HOU om so hard te probeer om “al die balle” in die lug te hou – en dit net oor te gee in Sy bekwame hande…  God is groter…  Hy sal vir ons die deure oopmaak, en op die regte paaie laat stap – dit wat Hy vir ons bestem het – wanneer ons Hom toelaat om ons te lei, en wanneer ons Hom getrou volg…  God is net ‘n gebed ver – gesels met Hom…  Jy HOEF nie ‘n superhero te wees nie…   God is dit reeds, en SOVEEL meer as wat ons kan hoop of dink… NIKS is vir Hom onmoontlik nie! (Lukas 1:37)
 
Blessings!
 
Anelxx

No comments: