Tuesday 22 July 2014

“Somedays ya just gotta put on your boots and dance anyway…” ~ Unknown

Haloes! J

“Somedays ya just gotta put on your boots and dance anyway…” ~ Unknown

Deuteronomy 31:6

“Be strong and courageous. Do not be afraid or terrified because of them, for the LORD your God goes with you; he will never leave you nor forsake you.”

Zephaniah 3:17 

“The LORD your God is with you, the Mighty Warrior who saves. He will take great delight in you; in his love he will no longer rebuke you, but will rejoice over you with singing.”

“God has a habit of picking up nobodies and making them somebodies…” ~ Unknown

“There is no limit to what you can do when you let God walk into your life…” ~ Pastor John Hagee

Nothing to live for?  Is dit dalk hoe jy voel vandag?  Miskien het daar soveel dinge verkeerd geloop die afgelope jaar, dat alles net soos een groot gemors voel…  Elke dag is ’n herinnering daarvan, maar die kopseer van hoe om ’n oplossing te vind bly maar net ’n blur…  Miskien het jy woorde gehad met mense wat ’n baie spesiale plek in jou lewe gehad het, en dat jy nie weet hoe om dit reg te stel nie, maar jy kan voel dat daar ’n leemte in jou hart en lewe is…  Miskien is jou lewe nou al vir ’n tyd lank op “pause” omdat jy nie ’n kans wil vat, of omdat jy nie antwoorde op jou gebede kry nie, en nie weet wat om te doen, of watter rigting om in te slaan nie… 

Ek wil jou vandag kom VERSEKER…  Dis ALTYD te vroeg om moed op te gee!  Selfs al voel dit vir jou of dit tevergeefs is, of dat jy nie meer kan nie – ons kan nie die verlede verander nie…  Dinge wat gebeur het, het gebeur…  Hoe ons vorentoe lewe, en daarop gaan reageer, gaan egter bepaal hoe die uitkoms van ons lewe gaan wees…  As ek dink aan die vorige Olimpiese Spele – die mees EPICste race tussen Chad le Clos en Michael Phelps – die 200m vlinderslag…  Chad het ingegaan as die “underdog”, maar hy VOLUIT gegaan en het ongelooflike fight gewys…   En naelskraap, het hy eerste die muur geraak… Ek kry nou nog hoendervleis as ek daaraan dink!  Al voel jy vandag soos die “underdog”, al voel dit vir jou of niemand in jou glo of jy nie weet waar die volgende wonderwerk vandaan kan kom nie…  Ek het gisteraand ’n aanhaling gehoor – “don’t quit before the miracle happened…”   Laat Chad jou inspirasie wees…  Al weet jy nie hoe nie, God weet…  Hy sal jou die pad wys, en Hy sal die dinge laat uitwerk – BETYDS!  Nie te laat nie, maar op die regte tyd…  Jy moet net GLO en vertrou…  Ek weet dit klink partykeer makliker as wat dit is, om te vertrou, maar as jy weer voel asof jy nie woorde het nie – sit vir jou ’n gospel cd aan, of lees net ’n stuk uit God se woord…  Vra iemand om saam met jou te bid, want soos ons weet – waar 2 of meer oor iets saamstem – daar is God…  En Hy sal vir jou sorg…  Solank jy asem in jou longe het, is jy nog hier vir ’n rede, en wil God jou gebruik om ’n verskil te maak…  Jac de Priester sing ’n liedjie “Êrens in die Klein-Karoo…” wat hy opgedra het aan Tannie Anna (‘n 99 jarige tannie), wat hom weer herinner het – elke dag is vir ons ’n geskenk, en nie een van ons weet wanneer ons lyntjie se einde getrek gaan word nie…  Dis egter nie vir ons op te besluit om op te hou lewe, terwyl ons nog ’n GROOT verskil op hierdie aardbol kan maak nie…  Selfs of eerder JUIS in die deurmekaargeid daarvan…  God gebruik dikwels ons deurmekaargeid om duidelikheid en helderheid te kry…  Ek bid dat God jou sal laat besef hoe kosbaar jy is, en HOE groot impak en verskil JY in die wereld kan maak!  LEEF, jaag jou drome na!  Sorg net dat jy ALLES wat jy aanpak, VOLUIT aanpak…  God back jou – al voel jy soos die underdog J

Blessings!

Anelli**

No comments: