Wednesday 30 July 2014

“Don’t say you don’t have enough time… You have exactly the same number of hours per day that were given to Helen Keller, Pastor Michaelangelo, Mother Teresa, Leonardo Da Vinci, Thomas Jefferson and Albert Einstein…” ~ Unknown

Haloes! J

“Don’t say you don’t have enough time…  You have exactly the same number of hours per day that were given to Helen Keller, Pastor Michaelangelo, Mother Teresa, Leonardo Da Vinci, Thomas Jefferson and Albert Einstein…” ~ Unknown

John 15:13

“Greater love has no one than this,that he lay down his life for his friends…”

Ephesians 3:20-21

“Now all glory to God, who is able, through his mighty power at work within us, to accomplish infinitely more than we might ask or think. Glory to him in the church and in Christ Jesus through all generations forever and ever! Amen…”

“One of the happiest moments ever is when you find the courage to let go of what you can’t change…” ~ Unknown

“We’re so busy watching out for what’s just ahead of us that we don’t take time to enjoy where we are…” ~ Calvin & Hobbes

Ons leef in “rat-race” tye…  Tegnologie, en alles wat daarmee saamgaan, maak dat ons lewens een groot gejaag geword het…  Ek onthou toe ek klein was, hoe “lank” dae gevoel het…  My ouers sou van die werk af gekom het, ons sou gekuier het, dalk ‘n straatbraai gehad het – sommer in die middel van die week – en genoeg tyd gehad het vir saam spandeer, voordat die volgende dag weer aangebreek het…  Dit voel my baie keer dat ons, doen wat ons moet doen om deur Maandag tot Vrydag te kom, net om vir twee dae bietjie te “lewe”, net om die volgende week weer van voor af te begin…

Miskien is daar soveel dinge wat jy nog in jou lewe wil doen – drome wat jy wil uitleef, plekke wat jy wil sien, mense wat jy wil ontmoet, tyd wat jy saam met mense vir wie jy lief is wil spandeer – maar jy is huidiglik besig om dit op die “toekoms” hopie te sit en net deur te druk om alles te doen wat jy moet doen, in die huidige tyd…  Of miskien leef jy so “vooruit” deur net heeltyd tyd om te wens vir die dinge wat jy nog wil hê dat jy uitmis op dit wat tans in jou lewe is…  Moenie die dinge waarmee God jou seën mis kyk omdat jy heeltyd wag vir die “beter dinge” wat nog moet kom nie…  Elke liewe dag is ‘n geskenk – een wat ons moet waardeer, een wat ons met beide hande moet aangryp en alles doen wat die dag ons toelaat om te doen…  Want God het ons nie op aarde gesit, net vir die “eendag” nie…  Hy het ons op aarde gesit vir die ELKE dag waarmee Hy ons bless…  Om ELKE dag te LEEF, en ‘n verskil te maak…  To be of service…  Om Sy hande en voete op hierdie aarde te wees, en na te streef om legendes te wees soos Helen Keller, Moeder Teresa ens ens…  Om mense se lewens ‘n beter plek te maak, omdat jy oor hulle pad gekom het op daardie spesifieke dag…  Om eendag, wanneer jou lewe tot ‘n einde kom, ‘n LEGACY agter te laat, wat kan voortleef, lank nadat jy nie meer daar is nie…  Laat die legends wat voor jou geleef het, jou inspireer…  Wees die verskil wat jy wil sien in die wêreld – ELKE dag…  Wat God in jou hart sit, SAL Hy seën en suksesvol maak…  Al wat Hy vra, is ‘n bereidwillige hart…

Blessings!

anelxx

No comments: