Sunday 6 July 2014

“Just because you are struggling, doesn’t mean you are failing… Every great success requires some kind of struggle to get there! Opportunity always comes with opposition. Hang in there!” ~ Unknown


Haloes! J

“Just because you are struggling, doesn’t mean you are failing…  Every great success requires some kind of struggle to get there!  Opportunity always comes with opposition.  Hang in there!” ~ Unknown

James 1:2-4

“Consider it pure joy, my brothers, whenever you face trials of many kinds, because you know that the testing of your faith develops perseverance.  Perseverance must finish its work so that you may be mature and complete, not lacking anything…”

Deuteronomy 31:6

“Be strong and courageous. Do not be afraid or terrified because of them, for the LORD your God goes with you; he will never leave you nor forsake you."

“No matter what is going on in your life, God is there…” ~ Joyce Meyer

“Let you past make you better, not bitter…” ~ Unknown

Ek het die volgende storie laas week ontvang via “Vers ‘n dag” van ‘n goeie vriend en dit het soveel waarheid en inspirasie in, dat ek dit graag vandag met jou wil deel …  Horatio Spafford (1828-1888) was a ryk Chicago regsgeleerde met 'n vooruitstrewende regspraktyk, 'n pragtige huis, vrou, vier dogters en 'n seun. Hy was ook 'n Christen wat die Bybel getrou bestudeer het. Te midde van al hierdie finansiële en professionele welvaart, het Horatio en sy vrou hulle jong seun tragies verloor. Kort hierna, op 8 Oktober 1871, het die groot Chicago brand feitlik elke eiendomsbelegging wat Spafford besit het, vernietig. Indien jy dalk onlangs die boek Job in die Bybel gelees het, mag jy dalk dink dit klink alles te bekend.

In 1873, het Spafford 'n bootreis gereël om vir sy vrou, Anna, en hulle dogters 'n broodnodige vakansie te gee om hulle te help om van al hierdie tragiese gebeure te herstel. Sy vrou en dogters het voor hom vertrek aangesien hy nog sake gehad het om af te handel. 'n Paar dae later is hy in kennis gestel dat die skip in 'n botsing betrokke was. Ons kan sy lewe nog verder met dié van Job vergelyk. Al vier sy dogters het verdrink en net sy vrou het oorleef. Spafford het onmiddellik 'n boot gehaal om hom na sy treurende Anna in Londen te neem. Dit was tydens hierdie reis dat hy die volgende woorde neergeskryf het:

As vrede my pad deur die wêreld verlig, as smarte my dreig te verniel, dan antwoord ek vry, watter lot my ook tref: dit is wel, dit is wel met my siel!

Dis moeilik om positief te bly wanneer moeilike tye oor mens se pad kom…  Dit is makliker om alles te sien wat verkeerd is en kwaad te raak oor hoekom dit juis in jou lewe moes gebeur…  As mens nou kyk na die storie hierbo van Horatio of dink aan die storie oor Job, is hierdie twee mense ‘n absolute inspirasie van hoe hulle steeds positief gebly het, en steeds die Here geloof en prys het te midde van wat in hul lewens aangegaan het…  Ek dink wanneer mens begin vaskyk in jou omstandighede, en toelaat dat negatiwiteit jou onderkry, raak dit baie moeilik om vas te byt of uit te hou en aan te hou…  Maar waar hierdie 2 mans vir ons ‘n absolute voorbeeld is, is dat maak nie saak WAT hulle verloor het, of wat verkeerd gegaan het in hul lewens nie, hulle het hul oë gevestig op Jesus gehou…  Hulle het opgekyk, in plaas van om in hul omstandighede vas te kyk…  En dit is vir ons ‘n absolute voorbeeld…  Want wanneer jy fokus op iets wat voor jou is, trek dit jou so in dat jy later nie meer die groter prentjie kan sien nie…  Jesus is VIR jou…  Hy is oneindig baie lief vir jou en Hy is by jou, maak nie saak WAT oor jou pad kom nie…  Al tref elke moontlike ramp jou – Hy sal by jou wees om jou op te tel en te dra, daar waar jy nie verder kan nie… Hy sal ALTYD vir jou die lig aan die einde van die tonnel wees…  God sal sorg vir jou – kyk weg van jou omstandighede, en fokus jou oë op God!  Hy sal jou nie teleurstel nie…

Blessings!

anelxx

No comments: