Monday 21 July 2014

"No matter how severe the storm, when you’re with God there is always a rainbow waiting at the end…” ~ Pastor John Hagee


Haloes! J
 
"No matter how severe the storm, when you’re with God there is always a rainbow waiting at the end…” ~ Pastor John Hagee
 
Ecclesiastes 3:12,9:9
 
“I know that there is nothing better for people than to be happy and to do good while they live. Enjoy life with your wife, whom you love, all the days of this meaningless life that God has given you under the sun--all your meaningless days. For this is your lot in life and in your toilsome labour under the sun…”
 
Psalm 37:5
 
"Commit your way to the Lord; trust in him and he will do this…”
 
“The greatest test of faith is when you don’t get what you want, but still you are able to say Thank You Lord…” ~ Pastor Matthew Hagee
 
“Life is not about how fast you run, or how high you climb…  But how well you bounce…” ~ Unknown
 
Weet jy wie jy is?  Waar jy vandaan kom?  Kung Fu Panda 2, bly maar net ‘n wenner, met ‘n baie waardevolle les…  Po, die Panda, is grootgemaak deur 'n gans (wat sy pa was in die fliek).  Hy begin dan bevraagteken, waar hy dan nou eintlik vandaan kom, en wie sy ouers was?  Hoekom sou sy ouers hom weggegee het?  Die les wat dan hieruit na vore kom, is dat "your story might not have a good beginning, but it's not who you are..."   Hoe jy in hierdie wêreld ingekom het, en hoe jou storie begin het maak nie van jou wie jy is nie...  Slegs JY kan bepaal - deur die keuses wat jy maak, watter paaie jy sal stap...
 
Miskien is jou lewe vir jou saai en onbevredigend op hierdie stadium...  Miskien het jy alle vreugde verloor, of miskien is moeilikheid al wat jy raaksien...  God "shape" karakters in moeilike tye...  Al hoe mens sterker word, is om deur te druk wanneer dinge moeilik gaan...  Wanneer God die fondasie van ons lewe is,  is die moontlikhede oor wat jy kan wees EINDELOOS...  Want God kan die grootste "loser" (in mensetaal) verander in iemand wat die grootste inspirasie en invloed kan wees!  Jy kan soveel meer wees, as wat jy vir jouself glo...  God het GROOT planne vir jou, en jou lewe...  Jeremiah 29:11 - For I know the plans I have for you... Plans to prosper you, to give you a hope, and a future...  Dit gaan nie oor waar jy vandaan kom nie, en hoe jy begin nie, dit gaan oor hoe jy eindig!
 
Wat gaan mense van jou onthou wanneer jy nie meer hier is nie?  Watter "legacy" gaan jy agter laat?  Die keuse is joune...  En al is jy HOE oud, dis nooit te laat om te begin nie...  Tot jy die dag jou kop neerlê het jy ELKE dag 'n geleentheid om 'n verskil te maak...  Jy het elke dag 'n kans om te bou aan 'n legacy om agter te laat, vir eendag...  Om die lewe te leef, om lief te hê, om op groot avonture te gaan (deur dinge aan te pak wat jou bang maak)...  Jy moet nooit spyt wees oor dinge wat jy wel gedoen het nie, net die dinge wat jy nooit aangepak het nie...  NIKS is te groot, sonder God nie...  Jy kan ENIGE iets doen deur Hom wat jou die krag gee (Fillipense 4:13)...   Jy moet net bereid wees om bietjie buite die boks, en buite jou "comfort zone" te lewe!  Eindig sterk - maak nie saak hoe wankelrig die begin was nie...  God het jou ONGELOOFLIK lief...  En Hy wil hê dat jy 'n VOL en goeie lewe, een van inspirasie en invloed sal hê!  Vra Hom sommer nou om jou te seën, en vir Sy wil om in jou lewe te geskied...
 
blessings!
 
Anelxx

No comments: