Tuesday 29 July 2014

gebedsversoek en baie, baie dankie!

Hi julle,

BAIE, BAIE dankie vir elke epos wat ek gister ontvang het van julle met my verjaarsdag!  Jammer dat ek nie vir elkeen reply het nie, maar ek het nie grondgevat gister nie.  Weet dat dit ongelooflik baie waardeer word!  Julle woorde het bygedra tot 'n BAIE spesiale verjaarsdag!

Dan het ek 'n gebedsversoek wat ek wil he julle asb moet opdra aan God - ons dien 'n God wat spesialiseer in wonderwerke - vertrou asb saam met my vir 'n wonderwerk!

baie blessings!

anel

Anoniem:  Anel - ek wil graag ’n gebedsversoek vir myself en my familie doen.  Ek was aan die begin van hierdie jaar skielik verskriklik siek en in die hospitaal met vreemde simptome, en die dokters was nie presies seker wat die oorsaak is nie.  Hulle is steeds besig om te probeer uitvind en ek is nou al vir elke toestand onder die son getoets - van kanker tot lupus en veelvuldige sklerose - maar alles (dankie, Here) was tot dusver nog negatief. Ek sit egter steeds met baie scary simptome: baie erge rugpyn as gevolg van senuwee-aantasting, ’n verlamde blaas, retinopatie en verminderde bloedtoevoer na my oë (sopas die naweek uitgevind) en moet nou dringend gaan vir niertoetse omdat die bloedtoevoer daarheen ook verminder mag wees. Die retinopatie is tans ’n groot bekommernis, want al kan mens die progressie stop met behandeling, mag dit erg vererger indien ek sou swanger word…ek weet egter ALLES is vir God moontlik, en Hy sorg nog altyd op wonderbaarlike wyse vir my.  Ek glo Hy kan die retinopatie en senu-aantasting OMKEER en ek glo day my niere normaal sal wees met die ondersoek.  God hou my sterk, maar ek wil asb vir jou en die gedagteki-groepe en soveel ander se gebede ook vra. Spesifiek ook vir my man, my familie en skoonfamilie - hulle dra my absoluut maar ek weet dis baie traumaties vir hulle ook.

No comments: