Monday 7 July 2014

“Don’t just pray for God to open doors, pray for God to close the doors in your life that needs to be closed…” ~ Joyce Meyer

Haloes! J

“Don’t just pray for God to open doors, pray for God to close the doors in your life that needs to be closed…” ~ Joyce Meyer

Isaiah 43:4

“Since you are precious and honored in my sight, and because I love you, I will give people in exchange for you, nations in exchange for your life…”

Revelation 3:8

“I know your deeds. See, I have placed before you an open door that no one can shut. I know that you have little strength, yet you have kept my word and have not denied my name…”

“If you think adventure is dangerous, try routine.  It’s lethal…” ~ Paulo Coelho

“You aren’t defeated when you lose…  You are only defeated when you quit…” ~ Unknown

Wanneer ons bid vir spesifieke dinge in ons lewe, is dit gewoonlik omdat ons behoefte daarvoor het…  En hoe baie bid ons nie dan vir God om vir ons die regte deure oop te maak, sodat ons, ons drome kan waarmaak nie?  Tog beantwoord God nie altyd alle gebede wat ons bid, op die manier wat ons dink Hy sal nie…  Die antwoord is partykeer Nee…  En dit is ALTYD in ons beste belang – selfs al sien ons dit nie op daardie oomblik raak nie…  Dit vat partykeer JARE vir ons, om te kan sien hoekom sekere dinge op sekere tye net nie uitgewerk het nie…  Maar HOE ongelooflik is ons Hemelse Vader nie, om die deure wat nie vir ons bestem is – wat ons lewe dalk kan skade doen, toe te hou nie?  Ons bid verseker nie altyd vir die verkeerde deure om toe te bly nie, omdat ons gewoonlik bid vir die dinge wat ons dink ons nodig het, en wat ons glo tot seën vir ons lewens sal wees…

Gelukkig sien God die groter prentjie…  Hy WEET wat, op watter tyd in jou lewe moet gebeur, ten einde vir jou om die grootste seën uit die situasie te ontvang!  Hy weet ook WAT jy WANNEER gaan nodig hê, asook die mense in jou lewe waarmee Hy jou moet bless ten einde jou PURPOSE te kan uitlewe…  Ons tyd is nie God se tyd nie…  As ek na my eie lewe kyk en terugkyk na tye wat ek verskriklik graag iets wou hê, kan ek sien hoe God my baie kere beskerm het…  Of dit nou was teen teleurstelling of seerkry – Hy het nog altyd dinge op die regte tyd laat uitwerk…  Selfs al voel dit nie vir jou so nie – al voel dit vir jou of dinge op ‘n onregverdige manier in jou lewe gebeur, of dat jy bid en bid maar die deure net toe bly, wil ek jou verseker dat God SAL sorg…  Die wiel draai, en God SAL vir jou deurkom – wanneer jy dit die minste verwag…  Gewoonlik wanneer mens op moedverloor te vlakte is, en voel asof jy geen hoop meer het nie, het God ‘n manier om jou te kom omboul met Sy goedheid, genade en liefde…  Byt vas, liewe vriend of vriendin…  Kry vir jou ‘n gebedspartner om saam met jou te bid en te vertrou vir God se goedheid en deurbrake in jou lewe…  Hy sal op die regte tyd, en op die regte plek vir jou deurkom!

Blessings!

anelxx

No comments: