Wednesday 16 July 2014

“You don’t have to defend or explain your decisions to anyone… IT’s YOUR life… Live it without apologies…” ~ Mandy Hale


Haloes! J

“You don’t have to defend or explain your decisions to anyone…  IT’s YOUR life…  Live it without apologies…” ~ Mandy Hale

Proverbs 3:5-6

“Trust in the Lord with all your heart; do not depend on your own understanding. Seek his will in all you do, and he will show you which path to take…”

Deuteronomy 31:6

“... the LORD your God goes with you; he will never leave you nor forsake you…”

“Never expect, never assume, never ask and never demand… Just let it be…  Because if it is meant to be, it will happen the way you want things to be…” ~ Unknown

“Don’t do something permanently stupid just because you are temporarily upset…” ~ Unknown

Voel jy baie keer te bang om jou opinie te lewer, of om jou stempel af te druk, want “wat sal die mense sê?” Of voel jy bang om te wees wie jy werklik is (soos wanneer net jy en God bymekaar is), want wat as niemand van my hou nie?  Wat as ek nooit werk kry gebasseer op my persoonlikheid, of goed is in sport, of nooit daardie “een” kry om my lewe mee te deel nie?  Wat as niemand my kies nie??  Ek het die naweek ’n aanhaling gelees wat vir my baie sin maak - “The unhappiest people in this world, are those who care the most about what other people think.” ― C. JoyBell C.

Om aanvaar te word, en onvoorwaardelik lief te hê, of liefgehê te word, moet jy NET jouself wees…   Ek weet ons leef in ’n wêreld waar die teendeel baie keer die EINTLIKE waarheid is…  Status, geld, populariteit, wie jy ken ens, definieer baie keer hoe jy aanvaar word deur mense… God het jou op ‘n unieke wyse beplan, en geskape, en jy is nie per toeval soos jy is nie…  Jy is KOSBAAR…  Indien jy aan jouself moet verander om aanvaar te word, of om iemand se liefde te ontvang, is die ander persoon, of persone, NIE DIE MOEITE WERD NIE!  Jesus het jou ONVOORWAARDELIK lief, NES jy is…  En Jesus wil hê dat jy jou omring deur mense wat jou aanvaar en liefhet, NES jy is…  Moenie tyd mors op mense wat jou seermaak nie - mens moet vriendelik met almal wees, maar hou jou vriendskap duur...  Moenie voel dat jy heeltyd moet verskonings uitdink vir jou keuses nie…  God het jou geskape, met ‘n unieke samestelling en wil…  God het ELKEEN van ons, ons eie wil en lewe gegee…  Moenie toelaat dat ander mense DEUR jou probeer lewe nie…  Of dat MENSE jou laat sleg voel oor besluite wat jy vir jou eie lewe neem nie…  Solank jy God se opinie vra, en in Sy wil lewe – is die saak reg!  

Jy hoef NIKS te FEAR nie, want God is groter…  Mense wat jou nie werd is nie, is die wat jou gewoonlik judge, en “not worthy” laat voel…  Baie keer, is dit ’n uitroep van hulle eie “insecurity”…  My pa het al baie vir my gesê – as mense oor jou praat, moet jy eintlik goed voel, want jy is dan belangrik genoeg vir hulle om hul tyd op te spandeer…  Moenie dat MENSE jou onderkry nie…  Jy is ’n KONINGSKIND!   Dit gee jou ‘n “edge” in die lewe, wat min ander mense het!  Leef BOLDLY – dis wat God vir jou wil hê…  Moenie toelaat dat mense jou breek met hulle woorde nie – hulle sal probeer – maar moenie vir hulle oorwinning oor jou lewe gee nie…  Live to please God – wees iemand om ander te inspireer met hul besluite, waardes en leefwyse…  God wil JOU gebruik – maak nie saak wat jy gedoen het, of waar jy vandaan kom nie…  HY het vir jou gesterf, en Hy het jou oneindig baie lief…

Blessings!

anelxx

No comments: