Haloes!
:)
“The way
to love anything is to realize that it may be lost..”. ~G.K. Chesterton
Matthew
5:43-48
“You have
heard that it was said, ‘You shall love your neighbour and hate your enemy.’
But I say to you, Love your enemies and pray for those who persecute you,
so that you may be sons of your Father who is in heaven. For he makes his sun
rise on the evil and on the good, and sends rain on the just and on the
unjust. For if you love those who love you, what reward do you have? Do
not even the tax collectors do the same? And if you greet only your brothers,
what more are you doing than others? Do not even the Gentiles do the
same? You therefore must be perfect, as your heavenly Father is perfect…”
1
Corinthians 13:4-8
“Love is
patient and kind; love does not envy or boast; it is not arrogant or rude. It
does not insist on its own way; it is not irritable or resentful; it does not
rejoice at wrongdoing, but rejoices with the truth. Love bears all things,
believes all things, hopes all things, endures all things. Love never ends. As
for prophecies, they will pass away; as for tongues, they will cease; as for
knowledge, it will pass away…”
“Life
is short, live it. Love is rare, grab it. Anger is bad, dump it. Fear is awful,
face it. Memories are sweet, cherish it.” – Unknown
“If
you can find a path with no obstacles, it probably does not lead anywhere…” ~
Unknown
Abigial
Strom het in een van haar boeke die volgende geskryf - “Love is the only
thing we take wih us and the only thing we leave behind… You can’t force
it… You can’t deserve it… You can only give it, and accept
it…” Ek’t lanklaas so ‘n raakvat beskrywing van wat liefde is, gelees…
Dit is ook die tipe liefde wat God aan ons bewys - ons kan dit nie
verdien nie, ons kan dit net ontvang, deur Sy genade... G.K
Chesterson se aanhaling sluit vir my baie mooi hierby aan… Die enigste
manier om lief te hê, is om te besef dat jy “dit” kan verloor… Die “dit”
kan enige iets wees… Ek’t hierdie afgelope twee weke net weer besef – die
lewe is REGTIG kort… Ons maak rusies, of ons hou op om met mense te praat
omdat HULLE ons seergemaak het… HULLE was verkeerd, so HOEKOM moet ek die
minste wees en jammer sê? Ons sit partykeer ons lewe op ys, want die werk
/ skoolaktiwiteite verg so baie van ons aandag dat daar nie nou tyd of krag is
om drome na te jaag, of om tyd saam met geliefdes te spandeer nie… Daar
is dinge wat moet klaar! Wanneer die vakansie kom, sal ek meer tyd
hê… Of wanneer hierdie volgende “deadline” afgehandel is, dan kan ons
kyk…
Ek’t die
gehoor van ‘n meisie wat voorheen in my straat gebly het (23 jaar oud),
wat bloukolle begin kry het op haar lyf, dokter toe is, en twee weke
nadat sy by die dokter was, gesterf het as gevolg van inwendige bloeding
veroorsaak deur leukemia… Dit het werklik my hart gebreek… Dis
iemand wat nog haar HELE lewe voor haar gehad het… Dit het my net weer
opnuut laat besef - net God weet hoe lank ek en jy op hierdie aardbol
gaan wees… En terwyl ons hier is, moet ons werklik ALLES gee om VOLUIT te
leef!!!! Ons moet besef wat werklik belangrik is in ons lewens, en
prioritiseer… Ons moet partykeer die minste wees, en jammer sê terwyl ons
die geleentheid het, sodat ons nie met ‘n leeftyd van “regret” sit nie…
Ons moet die moed hê om kanse te waag, en te weet dat Jesus by ons is – ELKE
oomblik van ELKE dag! Hy sal ons nie alleen laat om uitdagings te FACE
nie… Hy sal voorsien – wanneer ons, ons vertroue in Hom stel, en Hom in
beheer van ons lewens stel… Hy sal dinge in plek laat val – selfs al voel
dit asof daar geen manier is hoe daar ‘n moontlikheid uit die gemors is waarin
jy jouself bevind nie… Ons moet dit waag om lief te hê… Dankbaar
wees vir elke geleentheid wat aan ons geskenk is, waarvan ons pragtige
herinneringe kon oorhou… Ons moet dankbaar wees vir die geleentheid wat
ons het / gehad het, om sommige van God se engele in ons lewe te kon gehad
het… En ons moet seker maak dat ons nie ‘n ENKELE kans laat verbygaan, om
‘n engel in iemand anders se lewe te wees nie…
Mag jy 'n
awesome naweek he! Make it count!
Blessings!
Anelli**
No comments:
Post a Comment