Tuesday 29 July 2014

“God may not tell you everything you’re going to experience… but he’s told you that you’re getting through to the other side of this trial…” ~ Pastor Matthew Hagee

Haloes! J

“God may not tell you everything you’re going to experience…  but he’s told you that you’re getting through to the other side of this trial…” ~ Pastor Matthew Hagee

Psalm 118:14-16

“The LORD is my strength and my song; he has become my salvation.  Shouts of joy and victory resound in the tents of the righteous: "The LORD's right hand has done mighty things!  The LORD's right hand is lifted high; the LORD's right hand has done mighty things!"

Psalm 119:50

My comfort in my suffering is this: Your promise preserves my life.

“Praise God for the trial you are going through and know that He is leading you to the perfect answer…” ~ Pastor John Hagee

“Love is not what you say; Love is what you do…” ~ John Hagee

Ek geniet dit nogals om “series” te kyk wat met hofsake te doen het…  Dit is vir my fassinerend die tipe maniere wat prokureurs kry om hul kliënt te verdedig…  En die kreatiewe maniere wat hulle kry om hulle saak te stel…  Dis ook vir my ongelooflik hoe sterk “attorney, client privilege” toegepas word (dit wat tussen prokureur en kliënt gesê word – wat geheim gehou word)…  Want hulle stel uit en uit hulle kliënt op hul gemak, en hulle hou by hul beloftes om hul kliënt te verdedig en te verteenwoordig– maak nie saak wat nie…

Miskien is jou lewe op die oomblik SO deurmekaar dat jy nie lekker weet watter kant toe nie…  Miskien voel dit vir jou – dat maak nie saak WAAR jy kyk nie, sien jy net chaos…  Miskien voel dit dalk vir jou of jy “op trial” is, en dat mense jou judge, oor dinge wat dalk in jou lewe gebeur het…  Ek wil vandag aan jou sê – maak nie saak wat die vraag is nie, jou antwoord is God…  Maak nie saak wat die “trial” is wat jy face nie, jou advokaat, is God…  En Hy sal Sy behoedende en bewarende hand oor jou hou, waar jy ookal gaan…  Hy sal vir jou veg in die Hoogste Hof, sodat Hy jou paaie vir jou gelyk kan maak…  Wanneer jy met Hom praat, het jy die GROOTSTE “Attorney-Client privilege” want HY sal dit wat jy met Hom bespreek aan NIEMAND oorvertel nie…  En jy sal verseker ligter voel, wanneer jy neerkniel en die dinge wat jou laat vrees, laat worry, of sommer net onderkry, by Sy voete neerlê…  God sal jou aan die “anderkant” van die donker tonnel uitkry…  Sit jou hand in Syne en VERTROU!  Hy sal vir jou sorg – selfs al lyk die omstandighede “onredbaar”…  Jou Pa is die Koning van die Heelal…  Hy sal nie toelaat dat jy jou voet teen ‘n klip stamp nie – Hy sal sorg vir paaie, daar waar jy net doodloopstrate sien…

Blessings!


Anelxx

No comments: