Monday 28 July 2014

“Every morning starts a new page in your story… Make it a great one today…” ~ Doe Zantamata

Haloes! J

“Every morning starts a new page in your story…  Make it a great one today…” ~ Doe Zantamata

Joshua 1:9

“Have I not commanded you? Be strong and courageous…  Do not be terrified, do not be discouraged…  For the Lord your God will be with you wherever you go…”

Isaiah 21:13

“For I am the Lord your God, who takes hold of your right hand and says to you, do not fear…  I will help you…”

“When your confidence come from God, no matter how unstable things in the world may get, you will always remain rock solid and secure…” ~ Pastor Matthew Hagee

“Moenie wag nie, die tyd sal nooit “reg” wees nie…  Begin daar waar jy is en begin met die gereedskap wat jy tot jou beskikking het en jy sal beter gereedskap vind soos jy vorder…” ~ Napoleon Hill

Ons het verlede week die Winterprojek afgesluit deur klere (truie, windbreakers, skoene en sokkies) uit te deel by Range Laerskool in Matroosfontein…  Ek dink nie mens kan in woorde opsom wat dit vir daardie kindertjies beteken het nie…  Hulle het voor my kom staan, sommige met geskeurde, stukkende klere aan…  Baie van die kinders het glad nie skoolklere nie – en kom met gewone klere skool toe as gevolg daarvan…  Ander weer, dra lae klere om bietjie warmer te kry – maar al die “lae” is super dun of stukkend…  My hart was aan skerwe – want ons kla so maklik…  Oor ons werk waar ons swaarkry (maar ons vergeet om dankie te sê dat ons ‘n werk het), oor dinge wat verkeerd loop in ons lewens, oor dinge wat ons nie kry wanneer ons daarvoor bid nie (sonder om dankie te sê vir dit wat God WEL vir ons gee) – maar hierdie kindertjies het ABSOLUUT NIKS…  En steeds sal hulle ‘n “high-five” met jou deel, vir jou glimlag en dankie sê vir iets wat eintlik SO klein is…

Ek wil jou uitdaag om voordat jy dalk weer kla, of moedeloos raak, tel net vir ‘n slag jou seëninge…  Dis altyd maklik om dinge raak te sien wat jy NIE het nie, of dinge wat verkeerd gaan, dinge wat ander se lewens meer voorspoedig laat lyk as jou eie…  Sê dankie vir God vir dit wat jy WEL het in jou lewe…  Wanneer mens jou ingesteldheid verander van negatiwiteit na een van dankbaarheid, verander situasies…  God werk HEELTYD agter die skerms…  Waar jy jouself vandag bevind, is deel van God se groter plan vir jou lewe…  Ons lewe is soos ‘n “roadtrip”…  Ons weet nie altyd waar die pad ons gaan neem nie, wie oor ons pad sal kom nie, maar ons kan ALTYD weet dat God, elke liewe tree van die pad saam met ons sal wees…  Wanneer iemand eendag jou “lewensstorie” optel en lees, maak seker dat dit een sal wees waarop jy kan trots wees – een waar jou ingesteldheid positief was, waar jy dankbaar was vir die KLEIN dingetjies in die lewe…  Want ‘n klomp van die klein goedjies, raak later die “groot” goed…  Die kindertjies van Range Primary het my net weer laat besef dat mens eerste moet dankbaar wees, en voordat jy weer wil kla, net besef HOE geseënd jy werklik is…  Hulle het my ook opnuut weer herinner dat ons werklik ELKE oomblik moet LEEF!  Dat ons, ons drome moet uitleef, dat ons LIEFDE moet LEEF!  ELke oomblik, van elke liewe dag…  Dat jy nie moet worry oor die uitdagings wat oor jou pad kom nie, omdat jy WEET hoe groot jou God is!  Begin met wat jy het – en “let Go and let God…”  God wil groot dinge deur jou doen, en ook in jou lewe – glo dit, sit jou hand in God s’n en LEEF!

Blessings!

Anel xx

No comments: