Sunday 27 July 2014

“When you let God into your life, the storms of life may rise…but you will not be shaken…” ~ Pastor Matthew Hagee

Haloes! J

“When you let God into your life, the storms of life may rise…but you will not be shaken…” ~ Pastor Matthew Hagee

Numbers 6:24-26

“The Lord bless you and keep you; the Lord make his face shine on you and be gracious to you; the Lord turn his face toward you and give you peace…”

John 14:27

“Peace I leave with you; my peace I give you…  I do not give to you as the world gives…  Do not let your hearts be troubled and do not be afraid…”
 
"The greatest test of faith is when you don’t get what you want, but still you are able to say Thank You Lord…” ~ Pastor Matthew Hagee

“God does not choose those who are fit, He outfits those whom He chooses…” ~ Jack Hyles

Vandag, 28 Julie, is my 30e verjaarsdag…  En soos baie vir my sê – is dit nie iets wat mens moet hardop sê nie J  Maar ek is opgewonde, want ek hoor die lewe begin maar eers op 30…  Hoekom gee ek jou hierdie “useless” informasie?  Omdat God dit op my hart druk om vandag aan jou my testimony te vertel…  Wat is ‘n testimony, mag jy dalk vra?  In my eie plein woorde - Dit is getuienis van “hoe” jy gekom het om vir God te volg…  Terwyl my ma met my swanger was, het my ouma Duitse masels gehad…  Soos meeste van julle seker weet, is dit baie gevaarlik vir ‘n swanger mamma om in kontak met sulke siektes te kom, omdat dit skadelik vir die baba kan wees…  Soos dit toe ook gebeur het, was my ma vir toetse om seker te maak dat alles “ok” was met my, en die dokter het haar en my pa se grootste vrees bewaarheid…  Hy het gesê dat die opvolg bloedtoetse gewys het dat die Duitse masels ‘n invloed op die fetus gehad het (aangesien die kontak voor 14 weke in die swangerskap was) en dat die kans 99% is dat ek blind of doof of blind en doof gebore sou word…  Die kanse vir ‘n hart defek was ook groot…  Dit het beteken ‘n gestremde lewe vir ‘n leeftyd…  Die dokter het ‘n mediese-aborsie voorgestel…  Want die kans op ‘n normale lewe was kleiner as 1%...

My ouers het huis toe gegaan, en my ma het my vertel hoe hulle twee saam gehuil het…  Die prosedure moes die Maandag by ‘n Provinsiale Hospitaal gedoen word. (Dit het alles op ‘n Vrydag gebeur).  Sy het vertel hoe hulle die Saterdagaand saamgebid, en toe hulle die Bybel oopmaak, het God aan hulle die volgende woorde gegee:  Numeri 6:24-26: “Die Here sal jou seën en jou beskerm…  Die Here sal tot jou redding verskyn en jou genadig wees…  Die Here SAL jou gebede verhoor, en aan jou Sy vrede gee…”  Sy het vir my gesê dat daar ‘n rustigheid oor hulle gekom het, en dat sy geweet het God GAAN sorg…  Die Maandag het hulle hospitaal toe gegaan, en die dokters sou my aborteer…  MY ma vertel hoe sy op die hospitaalbed gelê en wag het vir die dokter om die drip aan te sit… Intussen het die dokter in die verbygaan met my pa gepraat en besluit om weer na die bloedtoetuitslae te kyk…  Hy het ‘n ruk later teruggekom en gesê dat die Patoloë ‘n interpretasie fout gemaak het… ‘n Lesing van 0.028 is neergeskryf as 0.28 en het amper my lewe gekos.  My ouers glo dat God geantwoord het op gebed en ingegryp het. Num 6:24-26 is ‘n BELOFTE!   HOE GROOT is God????  Want ondanks wat gebeur het – glo ek dat Hy genees het watookal met my fout was…  En dit is my boodskap vir jou vandag – dat maak nie saak WAT jy face nie – hoe onmoontlik dit ookal lyk – jou God is GROTER…  Hy is in staat om onmoontlikheid, in moontlikheid te verander, en Hy het ELKEEN van ons geskape – met PURPOSE ingedagte…  Maak dit jou lewens “mission” om uit te vind wat Sy purpose vir jou is…  Want jy is nie maar toevallig hier nie – Hy wil en sal jou gebruik…  Hy het jou ONEINDIG baie lief…  Moenie toelaat dat MENSE uitsprake oor jou lewe maak nie – sorg dat jou oë op God gevestig bly…  Hy SAL sorg vir jou situasie – HOE onmoontlik dit ookal lyk…

Blessings!

Anel xx

1 comment:

Anonymous said...

Ek glo met my hele hart by God is die onmoontlke moontlik!!!! Jou getuienis daarvan bevestig dit net weereens. Dankie dat jy dit gedeel het.
Ek bid en vertrou dat God aan ons ook 'n wonderwerk sal gee...! My suster is die derde keer swanger en verwag 'n identiese tweeling...dis AMAZING, eerste tweeling in die familie! Sys 7 weke swanger en het skielike met 'n erge uitslag uitgeslaan. Was gister 08/09/2014 dokter toe om toetse te doen vir duitse masels. Ons wag nog in spanning vir die uitslae. Dokter het gese as positief is sal hule die swangerskap dalk moet skraap. Ek bid en glo dat die Here gaan ingryp en ons gebede verhoor. Ek spreek lewe oor die kinderstjies en bid dat ons Pappa da Bo hulle tweetjies vir hulle mamma en ons sal spaar.
Ons dien 'n Groot God en weet Hy is inbeheer...hy ken elkeen van ons se harte.

Dankie Here vir U liefde vir ons.

xxx