Thursday 10 July 2014

“There are hundreds of languages in the world… But a smile speaks them all…” ~ Unknown


Haloes! J 

“There are hundreds of languages in the world…  But a smile speaks them all…” ~ Unknown

Ephesians 3:17-21

“So that Christ may dwell in your hearts through faith. And I pray that you, being rooted and established in love, may have power, together with all the saints, to grasp how wide and long and high and deep is the love of Christ, and to know this love that surpasses knowledge--that you may be filled to the measure of all the fullness of God.  Now to him who is able to do immeasurably more than all we ask or imagine, according to his power that is at work within us, to him be glory in the church and in Christ Jesus throughout all generations, for ever and ever! Amen.”

Psalm 147:11

“The LORD delights in those who fear him, who put their hope in his unfailing love…”

“Learn to appreciate what you have, before time makes you appreciate what you had…” ~ Unknown

“Be someone else’s sunshine…  Be the reason someone smiles today…” ~ Unknown

Ek kan my altyd verluister aan ander tale…  Dit fassineer my dat mense so vinnig kan praat en mekaar 100% verstaan…  Terwyl ek in Nederland was, het ek besef NET hoe belangrik dit is om mekaar te moet kan verstaan…  Ek het een dag staan en wag vir die trein wat van Schiphol (lughawe) wat moes Amsterdam toe gaan…  Ek’t langs my twee mense (‘n getroude paartjie – wat al bietjie ouer was) gesien wat totaal en al verlore gelyk het…  Die tannie het na my gedraai en begin vra – Station Amsterdam?  Sy het ‘n Italiaanse – Engelse boekie in haar hand gehad wat die vertaalwerk namens haar gedoen het…  Nie sy of haar man was in staat om Engels te kon praat nie – met net die boekie wat as hulpmiddel vir hulle moes dien…  Ekt met haar probeer kommunikeer – maar as jy te vinnig praat was dit verlore…  Ek’t net mooi geglimlag, en vir hulle gewys om saam met my te kom…  Met baie glimlaggies tussen ons, het ek hulle by Central Station Amsterdam uitgekry… 

Daardie dag het my net weer opnuut laat besef dat maak nie saak WAT jy doen nie – ‘n glimlag kan berge oorbrug…  Al wat jy nodig het, is om vriendelik te wees – want dit is iets wat ALMAL verstaan – al sukkel jy om op enige ander wyse te kommunikeer…  Ekt die naweek ook gesien hoe ‘n gewone glimlag ‘n babatjie spontaan kan laat lag…  Dis absoluut SO kosbaar…  God het aan ons MAGIC gegee om met mekaar te kan kommunikeer – sonder om woorde te gebruik…  Ekt op ‘n “artikel” op die internet afgekom waar dit sê – “How to smile for better health”…  Die artikel sê dat ‘n glimlag jou lewe verbeter op al die volgende maniere:  1. A smile relieves stress; 2. A smile to help your immune system work better; 3. Smile to stay positive; 4.  Smile to look younger; 5. Smile to live longer; 6. Smile to relieve pain; 7. Smile to lower blood pressure; and 8. Smile to seem more successful…  Wees die verandering wat jy in ons wêreld wil wees…  Gebruik die “magic” wat God jou gegee het op ‘n daaglikse grondslag…  HY het jou oneindig baie lief!!  Laat Sy liefde, deur jou lewe, sodat jy die mense wat daagliks oor jou pad kom, se lewens kan aanraak en posifief kan beïnvloed…  Seën vandag iemand met ‘n glimlag!

Blessings!

Anel xx

No comments: