Sunday 27 July 2014

Winterwarmte terugvoer…

Haloe al julle ongelooflike mense…

Daar is nie woorde om te beskryf HOE dankbaar ek verlede week gevoel het nie…  Ons het ons mikpunt van R75,000 gemaak, wat ons in staat gestel het om vir elke kind ‘n pakkie te maak met ‘n trui, skoene en ‘n windbreaker – asook sokkies vir die skool…  Elke kind het saam met sy pakkie, ‘n lekkergoed-lucky packet ook gekry…  Ek staan verstom oor God se goedheid, wat WEEREENS AL ons verwagtinge oorskry het, deur te sorg dat ons PRESIES kon insamel wat ons nodig gehad het…  BAIE, BAIE, BAIE dankie vir elkeen van julle – vir die finansiële bydraes, vir die gebede, vir die emails wat aangestuur is na nog vrywillige helpers, vir die van julle wat tyd gemaak het om klere te gaan koop en vir my te kom afgee…  BAIE, BAIE dankie!  Julle sal NOOIT weet die absolute GROOT verskil waartoe julle verlede Vrydag toe bygedra het nie…  Dankie, is vir my so ‘n klein woordjie om vir julle te gee – wens dat ek die regte woorde gehad om vir julle meer te gee – want julle is ALMAL absolute ENGELE wat deur God op hierdie aarde gebruik word…

Terugvoer van die uitdeel:  Dit was ‘n yskoue dag, en die reën het in vlae afgekom…  Daar was ‘n groot aantal kinders afwesig Vrydag…  Die onderwysers het aan my gesê dat wanneer dit so koud is, staan die ouers nie op om die kinders skool toe te bring nie – met die gevolg dat hulle net nie skool toe kom nie…  Die skool wat ons glo die Here oor ons pad gestuur het was Range Primer in Matroosfontein. Die skool het ongeveer 260 leerlinge van graad 0 tot graad 7 en 12 onderwysers.  Die kinders het met afwagting, graad, per graad ingekom in die klein skoolsaaltjie…  Groot was hul afwagting soos ons die name uitgelees het, en vir elkeen hul pakkie oorhandig het…  ‘n High-five was uitgedeel, voor elkeen sy pakkie ontvang het J Dit was ongelooflik…  Ekt ‘n paar stories om aan julle van die dag te vertel…  ‘n Paar mense het terwyl die projek aan die gang was, op verskeie geleenthede aan my gesê – ek hoop dat die kinders dankbaar is vir wat hulle gaan kry…  Dankbaar, is absoluut nie die woord nie…  Ek kan met oortuiging sê dat ons die regte skool gekies het…  Jy kan met die intrapslag SIEN hoe groot die nood by Range Primary is…  Kindertjies het hul pakkies kom haal, met geskeurde klere aan…  Truie wat gate in het – hemde wat geskeur is…  Slegs die graag 7’s het skoolklere…  Die ander kinders kom sommer in gewone klere skool toe – omdat hulle nie iets anders het nie… 

Van die kinders het “lae” klere aangehad, om te dien as beskerming teen die koue, maar jy kon SIEN hoe dun gewas daardie “lae” was…  Daar was ‘n seuntjie wat teruggekom het nadat hy sy pakkie gekry het, om te sê dat sy skoene te klein was…  Op die klaslys het ‘n nommer 13 gestaan…  Hy’t kom vra of daar nie ‘n groter nommer 13 was nie…  My ma het hom geneem en gesê – “kom ons kyk”…  Sy het ‘n nommer 1 skoen vir hom aangepas, maar dit was ook te klein…  Op die ou end, na vele skoene se aanpas het ons besef hy al ‘n nommer 3 skoen dra…  Die laaste skoen wat hy gekry het – was ‘n 13…  Die binnekante van sy huidige skoene se nommers was al afgeloop – die dat hy nie geweet nie… Dit het absoluut my hart gebreek…  Ek wil dus hê jy moet WEET – jou bydrae HET ‘n GROOT verskil gemaak…  Jy het iemand gebless Vrydag – wat ONGELOOFLIK dankbaar was…  Sonder legends soos julle kon ons dit absoluut nie doen nie!

Ek moet ‘n paar individue en instansie uitsonder, wat totaal “above and beyond” vir die projek bygedra het…  My ma, Rounell Hugo – wat haar huis oopgestel het vir al die pakkies pak…  Wat bereid was om te ry vir stock, wat pakkies help pak het, en lekkergoed pakkies vir die kinders, en pakkies vir die onderwysers gemaak het…  Dan vir Johann Warnich – wat 150% gegee het, heeltyd bereidwillig was, maak nie saak wat die omstandighede was nie…  Hy het oproepe gemaak, emails gestuur, klere gaan optel en twee aande na mekaar gehelp pakkies maak tot laat in die nag, net om die volgende oggend vroeg weer te gaan werk…  Hy het vir ons met PEP gereël dat hulle aan ons voorraad verskaf het – met ‘n GROOT afslag – aangesien hulle ook ‘n bydrae tot die gemeenskap wou maak…  Ons sê vir hom en PEP BAIE, BAIE dankie… Sou dit absoluut nie sonder hulle kon doen nie…  Die commitment was ONGELOOFLIK!  Dan nog verder – gewillige pakkers wat nie een keer gekla het nie, pakkies help pak het met sulke goeie gees – ons het BAIE lekker gelag en gewerk, met meeste van hulle wat twee aande in ‘n ry kom help het tot laat in die nag – terwyl almal van hulle die volgende dag weer moes gaan werk het…  Julle is absolute world-changer legends!  Groot dankie aan Annika Augustyn, Hardus Augustyn, Gina Zietsman, Wessel Zietsman, Anet Moller, Leigh-Peter Downing, Karen Neethling.  Ook ‘n groot dankie aan Anet, Johann, Bernard Haricombe en my ma wat op die dag daar was om te help met die uitdeel…  Ek voel regtig uit my sokkies uit geseën om julle my vriende te kan noem!  God is groot!

Iets wat die kinders my weer aan herinner het – is dat ons moet dankbaar wees vir die klein goed – want dit raak op die ou en die groot goed!   Ons is met groot dankbaarheid huis toe - vir so baie dinge wat ons het en baie keer net eenvoudig vanselfsprekend aanvaar...  In ons harte en gedagtes bly die kindergesiggies... Gebed wat ons almal kan saambid:  “Dankie Here Jesus, vir U groot genade. Dankie dat U by ons 'n bewustheid geskep het vir hierdie projek en gemeenskap van Matroosfontein.  Wees asseblief met elke kindjie van Range Primer en beskerm hulle teen die winterkoue en omstandighede waarin hulle groot word.  Seën elke onderwyser wat 'n rol speel in hul opvoeding en hulle liefde gee. Amen…”

Sien aangeheg ‘n paar fototjies van verlede Vrydag…  Stuur asseblief aan vir almal wat gehelp het!!!

Blessings vir julle almal!

Anel xx








No comments: