Friday 18 July 2014

“Life begins at the end of your comfort zone… So if you are feeling uncomfortable right now, know that the change taking place in your life is a beginning, not an ending…” ~ Neale Donald Walsch

Haloes! J

“Life begins at the end of your comfort zone…  So if you are feeling uncomfortable right now, know that the change taking place in your life is a beginning, not an ending…” ~ Neale Donald Walsch

Romans 8:39

“No power in the sky above or in the earth below—indeed, nothing in all creation will ever be able to separate us from the love of God that is revealed in Christ Jesus our Lord…”

2 Corinthians 12:9

“My grace is sufficient for you, for my power is made perfect in weakness…”
“You’ve got to spread your wings if you really want to fly…  Take risks…  Try new things…  Go places you haven’t gone… Be willing to not know…  Be OK with making mistakes… and you will go further than you could have ever dreamed possible…” ~ Unknown

“As long as you feel pain, you’re still ALIVE…  As long as you make mistakes you’re human…  As long as you keep trying there’s still HOPE…” ~ Unknown

As ek vanoggend vir jou vra om te beskryf waar jy jouself in jou lewe bevind, wat sal jy sê?  Is jy dalk besig om die suksesgolf te ry?  Het dinge dalk onlangs in plek geval, en is die lewe ‘n absolute lied vir jou?  Of is daar dinge wat jou onderkry?  Dinge wat maak dat jy nie voluit kan leef nie?  Goed soos bekommernisse ten opsigte van finansiële moeilikheid?  Bekommernisse oor siekte waarmee jy dalk onlangs gediagnoseer is, of waarmee jy probeer saamleef, maar wat jou eintlik meer inperk as enige iets anders?  Miskien het iemand vir wie jy baie omgegee het, of baie lief was, jou oneindig seergemaak, sodat jy mure opgerig het rondom jou – so hoog, dat jy jouself kon afsluit vir die wêreld…  Jy het dit dalk onbewustelik gedoen, maar hoe beweeg jy aan van dit af?  Hoe kry jy dit reg om vorentoe te beweeg?

Die sleutel om hierdie tronk, genaamd VREES, te ontsluit, is Jesus…  Hy is die Enigste persoon wat begrotings laat klop – selfs al is die uitgawes meer as die inkomste, en wat WERKLIK siekte genees!  Ek’t al eerstehands gesien hoe God kanker genees…  Dis iets wat vir baie menslike breine as ‘n “baie skrale moontlikheid” bestempel sal word… Ons dien ‘n God wat spesialiseer in WONDERWERKE!!  Dis baie maklik om jouself as’t ware in ‘n “tronk” te plaas (in jou denkwyse en leefstyl) as gevolg van jou omstandighede…  En wanneer jy eers in daardie tronk is, is dit nie maklik om daaruit te kom nie…  Miskien praat ek vandag spesifiek met jou…  Jy wat sukkel om mense binne te laat…  Jy wat sukkel om uit jou “comfort zone” te beweeg en die lewe FULL ON ‘n GO te gee…  Jy wat nie meer raad het met finansies nie…  Watookal die situasie, Jesus is vandag jou antwoord…  Gaan op jou knieë en bid…  En as jy nie die woorde het om te kan bid nie, vat ‘n nota boekie, en skryf ALLES daarop neer wat jou bang maak, en dinge wat jou weerhou om ‘n lewe van oorvloed te hê!  Jy kan dit as ‘n gebed aan God neerskryf…  Voor jy WEET, gaan jy sien hoe maklik die woorde vloei!  En God sal jou antwoord, sodat jy ‘n VOL lewe kan leef!   Jy kan dit jou gebede boek noem…  Sodat dit jou instaat sal stel om ‘n lewe van gelukkigheid, en een van oorvloed te lei…    Wanneer jy oor 6 maande terugkyk in jou gebede boek, sal jy dalk nie eers onthou van die moeilike tye waardeur jy tans is / gaan nie…  God wil daardie “vrees tronk” kom oopsluit vandag…  Al wat Hy vra, is dat jy Hom sal vertrou…  Hy is al DUISENDE JARE voor ons hier op aarde gekom het, in beheer…  Ek belowe jou – Hy het meer experience met ELKE liewe probleem, as ek en jy saam… Hy ken ALLES...  En steeds het Hy ons lief met alles wat in Hom is... Kom ons GLO God, en vertrou Hom vir die beste moontlike uitkoms vir ons situasie, sodat wanneer ons, ons geloof in Hom stel, om die mure van vrees, plat te slaan, dit so sal wees…  God sal uitkoms en deurbrake bring!  VERTROU net!

Blessings!

Anel xx 

 

 

 

 

 

No comments: