Haloes! J
“When God
is with you the impossible becomes possible…” ~ Pastor Matthew Hagee
John
11:25
“Jesus
said to her, I am the resurrection and the life… The one who believes in Me, even if he dies,
will live…”
John
16:33
“I have
told you these things, so that in me you may have peace. In this world you will
have trouble. But take heart! I have overcome the world.”
"No
matter what age you are, or what your circumstances may be, you are special and
you still have something unique to offer... Your life, because of who you
are, has meaning..." ~ Barbara De Angelis
"God
het aan jou gedink, nog lank voordat jy ooit aan Hom gedink het... Sy doel vir jou lewe dateer al van voor jy
verwek is... Hy het dit beplan nog voor
jy bestaan het, en sonder jou insette!" ¬ Rick Warren
Ons almal
hou daarvan om spesiaal te voel, om uitgekies te word, of sommer net
te voel dat ons tel... Dat dit wat ons doen, 'n doel het, en dat ons
raakgesien word wanneer ons daardie ekstra myl loop... By die werk, by die
skool en in verhoudings, is maar 'n paar van daardie plekke... Ietsie wat
by my opgekom het toe ek oor die onderwerp gedink het, is - dat dit
is soos toe jy klein was... waar mens krieket in die pad gespeel het, en
daar twee kapteine was wat hulle spanne moes kies. Mens se grootste vrees
was gewoonlik om laaste nog daar te staan, of om glad nie gekies te word
nie! Die beste was as jy die kaptein was en die kieswerk kon doen :) :)
God se
boodskap is egter, dat ons nie moet vrees nie... Wie laaste is op aarde,
sal eerste wees in die Hemel... Dit beteken net, dat die swaar wat jy
moet verduur op die aarde, vir dit waarvoor jy staan, en dit waarin jy glo, sal
NIE VERNIET wees nie... God sien raak dat jy 'n EERLIKE mens, met
INTEGRITEIT is, of dat jy altyd jou beste gee in dit wat jy aanpak - al sien
jou aardse baas dit nie altyd raak wanneer iemand anders bo jou bevorder word
nie... Of as jy nie vir jou skool se leerlingraad gekies word, omdat jou
waardes verskil van dit wat populêr is nie... Dit is egter partykeer
moeilik om kop te hou, jou kop op te lig, en aan te gaan as die wêreld jou nie
kies nie...
Vandag
kan jy met versekering ingaan in die wete dat God jou gekies het! Hy het
jou oneindig lief, en Hy wil jou in SY span hê... Hy het voor Hy jou al
geskape het, geweet dat jy vir Sy Span moet speel... As die wêreld en sy
ongeskrewe reëls of net plein onregverdigheid jou dus weer wil onderkry, onthou
net - jou SKAT is in die Hemel... God sal jou ondersteun en bystaan sodat
jy steeds die mens kan wees met integriteit, of hardwerkend en eerlik, te
midde van die wêreld se waardes, sodat jy nie jouself sal verander om die
wêreld te "please" en in die proses iemand raak van wie jy nie hou
nie. God het jou lief NES jy is! Onthou wanneer die wêreld jou
onderkry - jy is UITGEKIES vir God, en jy is ONGELOOFLIK spesiaal! Al
probeer die dinge van die wêreld jou anderste oortuig... Maak Johannes
16:33 jou anker...
Mag jy 'n
AWESOME daggie hê!
blessings!
Anelxx
No comments:
Post a Comment