Thursday 31 July 2014

“Don’t think of the things you didn’t get after praying… Think of the countless blessings God gave you without asking…” ~ Unknown

Haloes! J

“Don’t think of the things you didn’t get after praying…  Think of the countless blessings God gave you without asking…” ~ Unknown

James 1:2-4

“Consider it all joy, my brethren, when you encounter various trials, knowing that the testing of your faith produces endurance. And let endurance have its perfect result, so that you may be perfect and complete, lacking in nothing…”

Habakkuk 3:19

“Although the fig tree shall not blossom, neither shall fruit be in the vines; the labour of the olive shall fail, and the fields shall yield no meat; the flock shall be cut off from the fold, and there shall be no herd in the stalls: Yet I will rejoice in the LORD, I will joy in the God of my salvation. The LORD God is my strength, and he will make my feet like hinds’ feet, and he will make me to walk upon mine high places…”

 “There are only two days in the year that nothing can be done…  One is called yesterday and the other is called tomorrow…  So today is the right day to love, believe, do and mostly live…” ~ Dalai Lama

“Every accomplishment starts with the decision to try…” ~ Unknown

Hoe baie keer is daar nie dinge wat ons SO graag in ons lewens wil hê nie – maar die regte deure vir daardie dinge wil net nie oopgaan nie?  Ons kan bid, en bid, maar dit kan voel asof God nie hoor nie…  Dit kan baie keer veroorsaak dat baie mense opstandig raak, en sommer ophou om met God te praat, of heeltemal ophou om Hom te acknowledge in hul lewens en harte…  God het ‘n manier om te sorg dat ons ALTYD kry wat ons nodig het, wanneer ons dit nodig het…  As ek dink aan goed waarvoor ek al gebid het in my lewe, waar ek baie keer gevoel het dat NOU die regte tyd was vir daardie dinge in my lewe, en hoe dit dan nie gebeur het nie – het ek dit nie altyd gesien as ‘n “blessing” nie…  God het dan ‘n manier gehad om NOG beter dinge oor my pad te stuur, nie op MY tyd nie, maar wanneer SY tyd daarvoor reg was…  As ek nou terugkyk oor daardie dinge wat ek gedink het, ek so broodnodig gehad het – kan ek sien hoe God my eintlik beskerm het, teen dinge wat nie ‘n seën in my lewe sou wees nie…

Wees stil en weet, God is in beheer…  In jou donkerste dag, in jou langste dag – is Hy daar…  Hy sal jou beskerm, behoed en bewaar, waar jy ookal gaan, en Hy sal sorg dat dinge in plek val in jou lewe – dalk nie wanneer jy dit wil hê nie, maar ALTYD wanneer jy dit nodig het…  As die deur toebly, is dit baie keer omdat God vir jou iets beter het…  Al wat Hy vra, is dat jy Hom sal vertrou, en dat jy nie sal moed opgee terwyl jy op Hom wag nie…  Die Dalai Lama se aanhaling is vir my baie cool – want dit is ‘n absolute groot waarheid…  Daar is net TWEE dae waarop jy niks kan doen vandag nie – gister en môre…  So maak seker dat jy doen wat jy kan doen, VANDAG…  As jy moet jammer sê – doen dit…  As jy iemand liefhet – sê dit…  Moenie bang wees vir dit wat dalk kan verkeerd gaan nie – maar dink eerder aan dit wat kan reggaan…  Mens is 99% van die tyd spyt oor dit wat jy NIE gedoen het nie – moenie spyt wees nie…  Soos Nike sê – JUST do it…  What is the worst that could happen?  AS jy VOLUIT leef, gaan jy ten minste nie wonder oor dit wat kon wees nie – maar jy sal lekker stories kan vertel van dit wat jy GELEEF en BELEEF het in die proses…  God is saam met jou – moenie VREES nie…

Blessings!

Anel xx

No comments: