Wednesday 2 July 2014

“Choice, not chance determines your destiny…” ~ Aristotles


Haloes! J 

“Choice, not chance determines your destiny…” ~ Aristotles

Deuteronomy 31:6 

“Be strong and courageous. Do not fear or be in dread of them, for it is the LORD your God who goes with you. He will not leave you or forsake you.”

John 16:33 

“I have said these things to you, that in me you may have peace. In the world you will have tribulation. But take heart; I have overcome the world.”

“If your path seems narrow, broaden your vision…” ~ Unknown

“Everything I was, I carry with me…  Everything I will be lies waiting on the road ahead…” ~ Ma Jian

D.L. Moody het eenkeer gesê - “If you partner with God, Make your plans big!” Elke liewe dag wat aan ons geskenk word, het een iets in gemeen – elke dag is gevul met KEUSES…  Vandat jy jou oë oopmaak tot jy in die aand jou kop neerlê maak jy besluite…  Of dit nou is wat jy sal eet, of aantrek, of van die groter besluite wat ons by ons werk moet neem, of besluite soos wat om te gaan studeer, waar jy wil werk of om jou eerste woonstel of huis te koop, om te trou met die liefde van jou lewe, of om vakansie te neem – klein en groot besluite vul ons hele bestaan…  En as jy vandag moet terugkyk oor die laaste 10 jaar van jou lewe, is meeste van dit wat kleur gee aan jou lewe – ‘n direkte of indirekte uitvloei van besluite wat jy voorheen in jou lewe gemaak het…

Besluite kan “scary” wees…  Want WAT AS ek verkeerd kies, of verkeerd besluit??  Ek glo, dat God ons verkeerde besluite, “inwerk” in ons lewensplan…  Hy sal dit MAAK werk, met die destiny wat Hy vir jou lewe bestem het…  En ek glo dat wanneer ons besluite neem, en vir God deel van ons besluitnemingsproses maak, WERK dinge ALTYD uit soos wat dit moet…  AL wat dit van ons verg, is dat ons moet vertrou, en glo dat God ‘n pad sal maak waar ons dalk net ‘n stofstraat sien…  Wanneer jy voor “lewensveranderende besluite” staan – is daar net een manier om dit aan te pak…  BID…  Gaan op jou knieë en sit dit in God se hande…  Gee aan Hom die eer, en vertrou dat HY vir jou die wysheid sal gee wat jy nodig het, sodat jy die regte keuses moet maak…  Wanneer jy gebid het, en dit in God se hande gesit het, gaan slaap rustig…  Jou Hemelse Pappa is HEELNAG wakker…  Hy het jou beste belange op die hart, en Hy sal vir jou veg – daar waar jy nie die vermoë het om te kan veg nie…  Hy sorg vir jou – elke oomblik van elke dag…  En dinge sal uitwerk – wanneer die tyd daarvoor reg is…  Wees stil en weet, God is in beheer…

Blessings!

anelxx

 

No comments: