Haloes! J
“You aren’t defeated when you LOSE, you’re only
defeated when you quit…” ~ Unknown
Matthew 17:20
“I tell you the truth, if
you have faith as small as a mustard seed, you can say to this mountain, 'Move
from here to there' and it will move. Nothing will be impossible for you…”
1 Corinthians 14:33
“For God is not the author
of confusion but of peace...”
“Don’t be afraid to start over… It’s a new chance to defeat what you want…” ~
Unknown
“Life isn’t always perfect, but it’s always what you
make it… SO make it count, make it
memorable, and never let anyone steal your happiness…” ~ Unknown
Eindes is nooit lekker
nie… Vat maar jou gunsteling boek of fliek – terwyl jy die storie lees of fliek
kyk, is dit asof jy kan ontsnap van die werklikheid, en jou inleef saam met die
karakters… Wanneer daardie lekker ontspanningstyd verby is, is dit nooit lekker
nie – as ons weer realiteit moet face… As jy van skool, werk, of huis verander,
is dit gewoonlik nooit lekker om mense te groet saam met wie jy ’n pad gestap het
nie… Partykeer het mense die vermoë om ongesiens in jou lewe in te kom, en diep
in jou hart in te kruip… Dit maak seer om totsiens te sê... Dis moeilik, omdat
ons nie weet wat vir ons anderkant die "einde" wag nie...
Verandering oor die
algemeen is nie lekker nie, want dis ’n beweging uit ons comfortzone na die
onbekende… Of dit nou iets is wat ons gekies het, miskien deur jou drome na te
jaag en nuwe uitdagings te aanvaar of miskien is jy deur omstandighede
geforseer om te verander of is jou lewe sommer op sy kop gedraai deur hoe ’n
situasie uitgewerk het… Die onbekende is nie lekker nie, want dis onseker… En
onsekerheid is soos die donker… Dit kan mens oneindig bang maak, omdat jy nie
kan sien wat voor jou lê nie… Die volgende aanhaling pas hierby aan
– moenie bang wees om ’n onsekere toekoms aan ’n bekende God toe te vertrou nie
(Corrie Ten Boom)… Wat doen jy as ’n kind bang is vir die donker? Jy skakel ’n
lig aan natuurlik… Al daardie monsters, en bangmaakgoed, verdwyn dan in die
niet, omdat die kind kan sien – daar is NIKS wat jou kan seermaak nie… Miskien
is jy tans vasgevang in so ’n bangmaak situasie… Dinge lyk dalk onseker, en jy
weet nie meer watter kant toe nie… Orals waar jy kyk is dalk net
doodloopstrate… Ek wil jou vandag VERSEKER… Dis slegs ‘n “detour” waar jy
jouself vanoggend bevind… Dit lyk dalk vir jou soos die einde, maar ek belowe
jou, dis God se manier om ’n NUWE begin vir jou te bewerkstellig! Een van
oneindige seën, en geluk… Dit mag dalk vir jou voel asof ek ABSOLUTE snert
praat nou – want ek weet nie waardeur jy gaan nie, en ek ken nie die
onmoontlikheid van wat jy tans deurmaak nie… Dit mag dalk waar wees, maar ek
ken jou God… En ek WEET, dat Hy sy kinders NIKS gee wat hulle nie deur Sy
genade kan hanteer nie… Dis nie breekpunt nie, maar groeipunt… God gaan uitkoms
bring, en gou ook! Wanneer die donker onbekende ons lam laat met vrees, kan ons
die LIG aansit, deur ons te draai na God se woord… BID tot God - die lyn is
beskikbaar 24/7 en lees jou Bybel dat God jou kan kom vernuwe met nuwe krag, en
hoop vir die dag van more… God sal jou gebede beantwoord, en Hy hoor jou – al
voel dit nie so nie… Ek weet nie hoekom slegte dinge met goeie mense gebeur
nie, maar ek weet – God is in beheer, en Hy SAL jou beskerm, en HEEL anderkant
uitkry…
Blessings!
Anel xx
No comments:
Post a Comment