Haloes! J
“God has a purpose for your pain, a reason
for your struggles and a reward for your faithfulness… Don’t give up!” ~ Unknown
Isaiah 53:5
“But he was pierced for our transgressions, he was
crushed for our iniquities; the punishment that brought us peace was upon him,
and by his wounds we are healed…”
Matthew 6:33
“But seek first his kingdom and his righteousness, and
all these things will be given to you as well.”
“A bird sitting on a tree is never afraid of the branch
breaking, because her trust is not on the branch, but on its own wings… Always believe in yourself…” ~ Unknown
“People are often unreasonable and self-centered… Forgive them anyway… If you are kind, people may accuse you of
ulterior motives… Be kind anyway… If you are honest, people may cheat you… Be honest anyway… If you find happiness, people may be
jealous… Be happy anyway… The good you do today, may be forgotten
tomorrow… Do good anyway… Give the world the best you have and it may
never be enough… Give your best
anyway… For you see, in the end it is
between you and God… It was never
between you and them anyway…” ~ Mother Teresa
Die Here is nog nie klaar met jou nie… J Wat se ongelooflike cool boodskap is dit nie
vir ‘n Maandag nie… Wanneer mens na kinders kyk, is daar net hierdie
ongelooflike lus vir die lewe! Lewensvreudge!
Hulle lewe voluit! Hulle sal
fietsry, hul knieë nerf-af val, huil, maar ‘n half uur later sal hulle weer
terug wees op die fiets… Reg om dit weer
aan te vat en weer te probeer! Hulle het
nie ‘n bekommernis in die wêreld nie, omdat hulle weet dat hulle mamma en pappa
sal omsien na hulle! Ek’t Vrydagaand met
‘n 3 jarige dogtertjie sit en gesels…
Sy’t my nog net 1 keer vantevore gesien (‘n hele paar maande gelede),
maar sy’t my onmiddellik aanvaar en land en sand met my sit en gesels, stories
vertel van haar maatjies en haar skool…
Syt by die trap afgehardloop – voluit, net om baie hard te val… Nadat sy ‘n paar trane gestort het, het sy
weer voluit gehardloop – sonder enige vrees…
Hoekom word ons dan lamgelê met vrees oor al die moeilikhede, en
uitdagings in ons lewens?? Sal ons Vader
in die Hemel dan nie vir ons sorg nie???
Ons moet soos kinders begin glo… Soos kinders begin leef – sonder enige
terughouding! Wanneer ons afval van “die trap” af, raak dit baie keer ‘n REUS van vrees in ons lewe… Ons kry ander alternatiewe om die lewe aan te
pak, sodat ons die trappe kan vermy wat vir ons laat seerkry het… Ons Hemelse Pa sal vir ons sorg… Ons moet begin leef met VERTROUE dat God in
beheer is… Dat Hy vir ons sal staande
hou… Of dit nou die mooiste sonskyn dag
is, en of dit ongure weer is, gladde paaie wat dit maklik sal maak vir jou om
te gly en val… Pyn is tydelik… As jy terugdink aan die grootste pyn wat jy
al ervaar het – as daar al ‘n tyd verloop het sedert dit gebeur het, sal jy kan
saamstem dat mens onthou dat dit erg was, en dat jy seergekry het, maar dat dit
slegs ‘n herinnering aan pyn is… Mens
vergeet hoe erg dit op daardie spesifieke oomblik was… God is groter as jou pyn en seerkry… God wil jou gebruik, daar waar jy NOU is, om
Sy wil in jou lewe te vervolmaak… Dinge
gebeur nie maar TOEVALLIG in mens se lewens nie… TOE-VAL-LIG…
God se lig, sal val daar waar jy geplant is op die oomblik… Maak seker dat jou liggie hierdie week HELDER
vir God brand… Jou Pa sal vir jou
sorg! Jy moet net LEWE, VOLUIT, met
FAITH!!! Gaan die week tegemoet met
verwagting!! God is nog nie klaar met
jou nie… HY kan en wil GROOT dinge deur
jou doen in hierdie week, maar ook hierdie jaar wat voorlê… Mag jy God se groot liefde en genade in jou
lewe ervaar hierdie week!
Blessings!
anelxx