Monday 31 March 2014

“At my lowest, God is my hope… At my darkest, God is my light… At my weakest: God is my strength… At my saddest: God is my comforter…” ~ Unknown


Haloes! J

“At my lowest, God is my hope…  At my darkest, God is my light…  At my weakest: God is my strength…  At my saddest: God is my comforter…” ~ Unknown

Isaiah 40:31

“but they who wait for the LORD shall renew their strength;  they shall mount up with wings like eagles; they shall run and not be weary; they shall walk and not faint…”

1 Corinthians 13:4-7

“Love is patient, love is kind. It does not envy, it does not boast, it is not proud. It does not dishonor others, it is not self-seeking, it is not easily angered, it keeps no record of wrongs. Love does not delight in evil but rejoices with the truth.  It always protects, always trusts, always hopes, always perseveres…”

“When you feel like quitting, think about why you started…” ~ Unknown

“It’s what you will do in the present that will redeem the past and thereby change the future…” ~ Paulo Coelho (Aleph)

“Wolf, wolf hoe laat is dit?” Wie van julle onthou daardie speletjie??  Vir die vir wat dit net ‘n herinnering is, laat ek gou jou memory refresh J  Een persoon word gewoonlik as wolf aangestel, wat voor ‘n groep kinders uitstap…  Die kinders volg dan vir wolf, en roep elke paar sekondes uit – “wolf, wolf hoe laat is dit?”  Wolf sal dan antwoord, 1uur…  Later 2 uur…  En dan soos wat die kinders hul “guard” laat afgaan, nader en nader aan wolf begin stap, sal hy op ‘n kol uitroep – “etenstyd!!!”  Wanneer etenstyd uitgeroep word, is dit gewoonlik ‘n groot gegil onder die kinders, en almal hardloop in verskillende windrigtings in, want as wolf sê dat dit etenstyd is, beteken dit dat een van die kinders sy prooi sal word, wat dan “opgeëet” sal word…  As wolf jou vang, is dit “game over” vir jou en moet jy dan uitsit vir die res van die speletjie…

Wat het hierdie storie met die lewe te doen, wonder baie van julle dalk…  Ons is geneig om baie keer, wanneer dit goed gaan in ons lewens, ons guard so te laat afgaan, dat ons al hoe verder weg van God af begin leef…  Ons raak moeg, veral wanneer ons dae oorvol is, gevul met honderde dinge, en dan staan God partykeer heel laaste in die ry vir ons tyd en aandag…  En wanneer ons dan in “wolf se kloue” (ook beter bekend as die lewe met sy tientalle uitdagings), land – kom God gewoonlik tot ons redding, deur SELF, namens ons vir “wolf” te veg…  Miskien voel dit vir jou asof AL wat jy deesdae doen, is om vir wolf te probeer uitoorlê…  Miskien is jy SO moeg en voel dit vir jou of ons nou al by Desember behoort te trek, alhoewel ons nou eers in Maart is J  Iets wat belangrik is om te onthou – iets wat opnuut aan my bevestig is met die aanhaling hierbo, is dat maak nie saak hoe hard jy val nie – God is steeds jou hoop…  Wanneer jy jou donkerste tyd beleef, sal God jou lig bly…  Wanneer jy op jou swakste is – met min krag – sal God jou krag wees…  En wanneer jy harsteer is, sal God jou trane vir jou afdroog…  God is ALTYD by jou – in jou donkerste dag, of in jou langste nag – God het jou lief, maak nie saak wat nie!!  Liefde soos wat in 1 Korintiërs 13 hierbo beskryf word, is dit wat God, elke oomblik van elke dag vir jou voel!!  Hy sal jou dra, daar waar jy nie verder kan nie…

Blessings! 
 
Anel xx

No comments: