Tuesday 4 March 2014

"When life throws you a curveball, hit it!" ~ Unknown

Haloes! J
 
“When life throws you a curveball, hit it!” ~ Unknown
 
Psalm 34:7
 
“Delight yourself in the Lord, and He will give you the desires of your heart…”
 
Nehemia 8:10 & Proverbs 16:9
 
“The joy of the Lord is your strength…” & “Commit your works to the Lord and your plans will be established…”
 
“You don’t have to be great to start, but you have to start to be great…” ~ Zig Ziglar
 
“Never be ashamed of the scars life has left you with…  A scar means the hurt is over…  You endured the pain and God has healed you…” ~ Unknown
 
Toe ek so twee jaar terug my enkel gebreuk het, moes ek 'n operasie ontvang wat tot gevolg gehad het dat ek 'n plaat en skroewe in my enkel moes kry...  Wat ek nou van daardie gebeurtenis kan sien, is 'n dun lyntjie (scar) op my enkel wat ek oorgehou het van die operasie...  Ek kan nie onthou hoe seer dit was toe ek geval het en nie kon staan op my voet nie, maar die scar sal my altyd herinner daaraan dat dit wel gebeur het... Dat ek vir amper 12 weke met krukke moes sukkel en hoe so 'n gebeurtenis jou weer net herinner om ALTYD dankbaar te wees vir 'n gesonde liggaam...  Mens besef eers hoe vanselfsprekend mens sommige dinge (soos byvoorbeeld om te kan sien, om te kan loop en te kan hoor) wanneer mens van die gebruik daarvan ontneem word...
 
Miskien het daar dinge in jou lewe gebeur (onlangs of 'n tyd terug) wat jou 'n groot "wond" toegedien het...  Miskien het dit al "geheal" of miskien is jy nog tans besig met die heelword proses...  As jy tans besig is om deur iets te worstel (of dit nou 'n gebroke verhouding is, finansiele moeilikheid, siekte, onsekerheid oor jou tekoms of fisiese "wond" wat moet heel word) wil ek jou herinner dat jy nie vir 'n oomblik alleen is tydens die heelword proses nie...  God is heeltyd, heelpad saam met jou en Hy SAL genesing bring, sodat jy net 'n scar sal oorhou - as herinnering dat jy die diep waters deur is, en heel anderkant uitgekom het!!  Moenie van die "pitch" afstap wanneer die lewe vir jou 'n curveball jou kant toe gooi nie!! Sit jou gewig agter die kolf en "partner" jou krag saam met God sodat jy daardie bal vir 'n ses kan slaan!! God is by jou - vandag, more - ALTYD...  Niks wat oor jou pad kom sal groter wees as God se liefde vir jou, of die krag en uithouvermoe waarmee Hy jou sal voorsien om dit vir 'n ses te slaan nie!!
 
Blessings!
 
Anel xx

No comments: