Sunday 30 March 2014

“Look up, get up, and don't ever give up.” ― Michael Irvin


Haloes! J

“Look up, get up, and don't ever give up.” ― Michael Irvin

James 4:8

“Draw near to God and He will draw near to you…”

Psalm 23

The Lord is my shepherd, I lack nothing. He makes me lie down in green pastures, he leads me beside quiet waters, he refreshes my soul.  He guides me along the right paths for his name’s sake. Even though I walk through the darkest valley, I will fear no evil, for you are with me; your rod and your staff, they comfort me. You prepare a table before me in the presence of my enemies. You anoint my head with oil; my cup overflows. Surely your goodness and love will follow me all the days of my life, and I will dwell in the house of the Lord forever…”

“Write your troubles in the sand…  Carve your blessings in stone…” ~ Unknown

“Sometimes the strongest among us are those who smile through silent pain, cry behind closed doors and fight battles nobody knows about…” ~ Unknown

Een van die lekkerste goed is om langs die see te kan stap op ‘n mooi dag of aand…  Daar is darem niks dinge wat so ‘n rustige invloed op jou gemoed kan hê, soos die branders wat breek, en wat dan weer terugtrek nie…  Voeg by dit ‘n son wat sak en jy het ‘n absolute “masterpiece” – ‘n geskenk reg uit God se hand!  Ek weet nie wie van julle, het soos ek (toe ek klein was), boodskappe in die nat sand geskryf nie?  Dit was altyd so ‘n uitdaging om te sien hoe vinnig jy kan skryf, en hoe lank dit dan vat vir die water om die boodskap skoon te vee nie?!  Dis hoekom die volgende anonieme aanhaling vir my so treffend was – write your troubles in the sand, but carve your blessings in stone!

WANT – ons dien ‘n God wat ons daagliks kom omboul met Sy goedheid en liefde…  ‘n God wat absoluut spesialiseer in wonderwerke – wat ons uitdagings of moeilike tye kan kom “gelyk maak” en “uitvee” soos wat die branders die sand met sy boodskappe of voetspore kan skoon vee J  Blessings aan die ander kant is iets wat gewoonlik blywend is in ons lewens – want al gaan dit HOE sleg, is daar ALTYD iets om voor dankbaar te wees!  Want net soos ek nie kan onthou wat ek op die sand neergeskryf het al daardie jare gelede nie, so is ek seker dat as ek jou vandag vra – waaroor was jy bekommerd VANDAG, ‘n jaar gelede, sal baie min van ons kan pin-point, dit waarmee ons geworstel het ‘n jaar gelede…  Wat ookal vandag in jou sand geskryf is – HOE groot dit ook al mag wees – God sal SORG!  En Hy sal die grootsheid van daardie probleem stukkie vir stukkie afbreek, sodat dit BAIE vinnig, BAIE kleiner sal word…  Totdat dit uiteindelik soos ‘n gladde stuk sand – sonder enige herinnering van probleem vir jou sal wees…  Kom gee al daardie probleme en uitdagings, sommer NOU, VOOR hierdie week begin oor in God se hande…  Hy het jou ONEINDiG baie lief, en Hy wil seriously, NET die beste vir jou hê!!

 blessings!

Anel xx

No comments: