Sunday 9 March 2014

“Motivation and bathing are not permanent… That’s why we need both every day…” ~ Zig Ziglar

Haloes! J

“Motivation and bathing are not permanent…  That’s why we need both every day…”  ~ Zig Ziglar

Ephesians 3:20-21

“Now all glory to God, who is able, through his mighty power at work within us, to accomplish infinitely more than we might ask or think. Glory to him in the church and in Christ Jesus through all generations forever and ever! Amen.”

Proverbs 18:10

 “The name of the Lord is a strong fortress; the godly run to him and are safe…”

“When life change to be harder, change yourself to be stronger…” ~ Unknown

“One of the most important keys to Success is having the discipline to do what you know you should do, even when you dont feel like doing it.” – Unknown

Wat sal gebeur as jy vir ‘n week lank nie bad of stort nie?  Ek dink dis redelik voor die hand liggend dat jy nie so skoon sal wees nie, en dat daar heel waarskynlik ‘n taamlike klankie aan jou sal kleef…  As jy nog gereeld oefen ook, kan daar dalk meer as ‘n taamlike klankie wees J  Kleintjies is vir my altyd so ‘n treat as dit by bad kom.  Vir hulle gaan dit gewoonlik meer oor die speelgoed wat in die bad is, en die “speel tyd” wat hulle saam met mamma of pappa kry J  Hierdie aanhaling van Zig Ziglar, slaan vir my weereens die spyker op die kop!

Is jy gemotiveerd vir die week wat voorlê?  Ek sou dink dat as jy ‘n heerlike naweek se rus gehad het, behoort jy taamlik gemotiveerd en “reg” te wees vir die week wat voorlê…  Maar baie keer, sodra jy Maandagoggend opstaan en by die skool, of by die werk kom, kan daar dalk iets gebeur wat jou dag totaal op sy kop draai, en jou motivering vir die dag en al sy dinge, by die deur laat uithardloop… Ek het al voorheen gesê, maar dis baie waar dat daar gewoonlik 100 goeie goed moet gebeur vir ons dag om “goed” te wees, terwyl daar een slegte dingetjie kan gebeur om ons dag sleg te maak…  Hoe dan nou gemaak om gemotiveerd te wees vir dit wat ek moet aanpak in die week wat kom?  Soos wat ek daagliks moet bad om skoon te kom, en lekker te ruik, so moet ek daagliks by God en Sy word stilraak om motivering en krag vir die nuwe dag, en uitdagings te kry…  Wanneer Jesus ons beginpunt is, sit Hy al die dinge in perspektief, en laat Hy die tientalle goed wat ons onderkry, in plek val…  Dink gou as jy verantwoordelik is om die motor te bestuur, van die Kaap tot in Johannesburg…  Hoe dink jy gaan jy vorder as jy totaal en al moeg gewerk is, maar dat jy die afstand gedurende die nag moet aflê – sonder enige hulp van enige van die ander passasiers?  Jy sal heel waarskynlik sukkel om wakker te bly as jy niemand het wat jou geselskap hou of koffie voer nie?!  Maar wanneer jy hulp bestuurders het, kan jy beurte maak en die stuurwiel oorgee in een van hulle bekwame hande…  Vir ons “elke-dagse-lewe” is dit presies dieselfde…  Wanneer ons vir God het, kan ons by Hom stilraak, en ons somtyds-deurmekaar lewens, oorgee in Sy hande…  Daardie vrae wat jy het waarvoor jy nie antwoorde het nie; daardie situasies waarmee jy gekonfronteer is wat vir jou soos ‘n HUGE doodloopstraat voel of daardie seer wat jy net nie verwerk kan kry nie – is ALLES dinge wat ons in God se hande kan sit of by Sy voete kan neerlê…  Hy sal ons kom vul met die nodige energie en krag wat ons nodig het om die pad te stap wat Hy vir ons uitgesit het…  Wanneer ons nie vir God in ons lewe het nie, is ons aangewese op ons eie krag, en moet ons self verantwoordelikheid dra vir besluite wat geneem moet word, oplossings wat gevind moet word, of doodloopstrate waar ons ‘n uitweg moet probeer vind…  Liewe vriend en vriendin – jy HET vir God…  So maak nie saak WAT hierdie week, of dalk laas week of vroeër oor jou pad gekom het nie – jy het vir GOD…  Hy sal SORG…  Al wat jy moet doen, is om daagliks jou genade, krag en liefde by Sy voete te kom vind…  Gee al daardie dinge wat jou so moeg maak, oor in God se hande – sit jou lewens-“stuurwiel” in Sy hande…  Hy sal jou op die koers hou wat Hy vir jou bestem het…

Blessings!

anelxx

No comments: