Wednesday 26 March 2014

gebedsversoeke...

Haloe julle!
 
Bid asb saam vir die onderstaande versoeke asb!
 
Mag jy 'n awesome Donderdag he! :)
 
blessings!
 
anelxx
 
Anoniem 1:
 
Ek wil graag vra dat julle asb vir my Ouma sal bid. Sy het die agtelope jaar en ‘n half al 7 beroertes gehad. Sys tans in die hospitaal ook agv ‘n beroerte en het vandag weer een gehad. Sy is so hartseer en deurmekaar want sy kan nie verstaan hoekom dit met haar gebeur het nie. Sy is maar net 68 jaar oud, het osteoporose  en het 3 rug frakture agv die val tydens die beroerte. Die dokters is te bang om te opereer. Bid asb dat sy genees sal word. Ons het ‘n GROOT God wat wonderwerke kan doen! Sy kan gesond word! Bid asb dat dit nooit weer sal gebeur nie.
 
Anoniem 2:
 
Bid asb vir my Pa. Hy is tans oppad Kongo toe om te gaan wêrk. Dis baie gevaarlik daar, die mense oneerlik en sal jou bedrieg ten ynde jy in die tronk beland omdat jy gretig was om te wêrk. Bid asb vir beskerming en dat daar ‘n breakthrough sal kom in finansies. Hy wil so graag ‘n sukses maak en sien dit as die laaste uitweg.
 
Anoniem 3:
 
Ek wêrk tydelik as ‘n temp by ‘n wonderlike maatskappy en geniet elke oomblik! Daar is ‘n kans date k permanent aangestel kan word. Almal is gelukkig met my wêrk. Ek weet As dit God se wil is sale k die permanent epos kry. Ek wil so graag my eie plekkie kry en op my eie voete staan. Ek weet dit sal gebeur as die tyd reg is. Soms moet mens net geduldig wees.
 
Daar lê krag in gesamentlike gebed, n krag wat die Here self daaraan verleen:
“As twee van julle op die aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal my Vader wat in die hemel is, hulle dit laat kry” (Matteus 18:19)

No comments: