Monday 10 March 2014

“I do not understand the mystery of grace – only that it meets us where we are, but does not leave us where it found us…” ~ Anne Lamot


Haloes! J

“I do not understand the mystery of grace – only that it meets us where we are, but does not leave us where it found us…” ~ Anne Lamot

2 Corinthians 4:16-18

“Therefore we do not lose heart. Though outwardly we are wasting away, yet inwardly we are being renewed day by day. For our light and momentary troubles are achieving for us an eternal glory that far outweighs them all. So we fix our eyes not on what is seen, but on what is unseen. For what is seen is temporary, but what is unseen is eternal…”

Psalm 27:1

“The Lord is my light and my salvation- whom shall I fear? The Lord is the stronghold of my life- of whom shall I be afraid?”

“Strength does not come from winning…  Your struggles, develop your strengths…  When you go through hardships and decide not to surrender, that is strength…” ~ Krexy.com

“The harder the knocks you go through in life, the more you learn to put them to use in future…  DO not be discouraged by setbacks and failures! They make you strong!” ~ Unknown

Ek weet nie of jy dalk al “Extreme Makeover – Home Edition” of enige ander “Extreme makeover” op televisie gekyk het nie?  Dis vir my altyd so inspirerend, hoe sommige mense ‘n doodgewone huis, in iets asemrowends kan omskep…  Dieselfde is waar vir die mense wat ‘n “make-over” kry…  Deur net ‘n haarstyl te verander, moeite te doen met grimering of klere wat meer by die persoon se liggaamsbou pas, het partykeer tot gevolg dat die persoon onherkenbaar voor jou staan!

God se genade, is soos ‘n “extreme makeover”!  Anne Lamot se aanhaling kan dit nie beter sê nie…  God se genade, ontmoet ons waar ons is – soos wat ons is, met ons foute, ons vrese, ons hartseer en pyn, uitdagings wat partykeer ons dae so oorweldig met hul grootsheid, sodat ons somtyds nie die mooi dinge in elke dag meer raaksien nie…  Sy genade kom verander ons, sonder dat ons dit agterkom, sodat ons eerste instink sal wees om met God te praat wanneer dinge gebeur wat ons nie kan begryp of verstaan nie… Sy genade help ons om aan te gaan, wanneer ALLE logiese argumente sal wees om eerder op te gee…  Is jy op die oomblik op jou knieë gedwing deur swaarkry tye?  Het jy ‘n “extreme make-over” nodig??  Nuwe moed, nuwe krag, helderheid vir besluitneming en bemoediging dat die moeilike tyd wat jy deurmaak nie vir ewig sal aangaan nie?  Miskien voel jy asof jy VIR EWIG bid vir jou finansiële moeilikheid, of jou verhouding of siekte toestand, maar dat dinge maar net dieselfde bly…  Jou gebede voel dalk of dit net teen die dak vasskiet…  Ek wil jou net vandag weer die versekering kom gee dat ELKE liewe gebed wat gebid word, vir God belangrik is…  Hy LUISTER!  Na elke gebed, elke smeking, elke kind wat by Sy voete sit en huil en van hul hartseer, pyn en gebrokenheid vertel…  En soos “extreme makeover” – lyk die huis gewoonlik slegter voordat dit beter lyk…  Hulle moet breek, en bou om die plek te kry soos hulle dit bestem het om te wees…  Netso, werk God in elkeen van ons se lewens…  Daar gebeur somtyds dinge wat van ons gaan vereis om deur te VEG, sodat ons as sterker mense anderkant uitkom…  Waarvan ons kan seker wees, is dat God die argitek is van ons lewens…  Hy sal “toesig hou” oor elke “bou en breek” situasie wat ons moet deurmaak…  En Hy sal dit gebruik, TOT jou seen!!!  Om as ‘n sterker individu anderkant uit te kom, en sodat jou suksesse gebruik kan word as getuienis vir God se Koningkryk!  Hou aan bid – deurbrake is nader as wat jy kan hoop of dink!!  Ephesians 2:8 “For it is by grace you have been saved, through faith—and this is not from yourselves, it is the gift of God…”

Blessings,
 
anel xx

No comments: