Tuesday 25 March 2014

“Even if you fall on your face, you're still moving forward…” ~ Victor Kiam


Haloes! J
 
“Even if you fall on your face, you're still moving forward…” ~ Victor Kiam
 
Romans 10:17
 
“Consequently, faith comes from hearing the message, and the message is heard through the word about Christ…”
 
2 Chronicles 20:15
 
“He said: “Listen, King Jehoshaphat and all who live in Judah and Jerusalem! This is what the Lord says to you: ‘Do not be afraid or discouraged because of this vast army. For the battle is not yours, but God’s…”
 
“Learn from the past, set vivid, detailed goals for the future, and live in the only moment of time over which you have any control: now…” ~ Denis Waitley
 
“Our greatest weakness lies in giving up. The most certain way to succeed is always to try just one more time…” ~ Thomas A. Edison
 
Ek weet nie wie van julle al voor ‘n groep mense geval het nie??  Ekt al op meer as een geleentheid die voorreg gehad J  Maar een situasie wat werklik vir my uitgestaan het, was toe ek in Standerd 5 was (graad 7)…  Ek moes ‘n sertifikaat ontvang vir een of ander Eistedfodd waaraan ek deelgeneem het…  Al ons mense wat sertifikate gekry het moes plat op die grond voor die verhoog gesit het…  En natuurlik, toe dit my beurt was om op te staan, het ek my voete so doodgesit dat ek opgestaan het, en dadelik weer met Moeder Aarde kennis gemaak het (aangesien ek niks onder my gevoel het nie)…  Ekt so geval, stap, geval, stap tot ek op die verhoog gekom het…  Die onderhoof het nog so bleek vir my gevra – “are you allright?”  Ekt ten minste groot vermaak verskaf vir almal in die saal… J Ek dink my ma het die hardste gelag heel agter in die saal :) Om toe nou NOG by te dra tot my “embarrassment” het die hoof toe ‘n storie vertel van hoe hy op Universiteit ‘n geleentheid saam met mense ontvang het en heeltyd in ‘n bolletjie moes sit, en hoe hy toe hy by sy bestemming aangekom het, hy net uit die motor geval het… 
 
Wanneer mens val is jy geneig om met jou hande te keer – maar om met jou hande te kan keer, beteken dat jy ten minste vorentoe val – en dit beteken weer dat jy darem aanhou beweeg, te midde van jou val…  Miskien voel dit vir jou vandag of jy al nerf-af geval is…  Miskien voel dit vir jou of jy op jou laaste krag is en dat jy nie meer lus het om op te staan nie, omdat jy in elk geval weer omgeslaan gaan word deur die lewe se uitdagings…  Ekt nou die dag ‘n preek gehoor waar God belowe het dat indien Moses sy hande in die lug hou, sal die Israelite wen…  Terwyl sy hande in die lug was, het die Israelite die oorhand gehad…  Maar toe hy sy hande laat sak het, het die opposisie begin wen…  Aaron en Hur het op ‘n stadium Moses se hande vir hom in die lug gaan hou – toe hy fisies nie meer verder kon nie…  Ons het Christelike familie – ons boeties en sussies wat saam met ons kan bid wanneer dinge moeilik raak…  Dit is baie keer wat ons dra wanneer ons nie self verder kan nie – gebede van ander…  Dit is vir my so amazing die getuienisse wat deesdae deurgestuur word – wanneer ons as ‘n “Gedagteki groep” vir ander bid – hoe God antwoord…  Byt vas daar waar jy jouself tans bevind…  Hou aan bid – en kry mense om saam met jou te bid…  God antwoord, en God sal jou dra – daar waar jy nie verder kan nie…  En al het jy dalk al vir 'n tyd nou ophou glo - en voel jy super alleen en sonder hoop, weet net dat God NOOIT op sal gee op jou as mens nie...  Daar het dalk dinge in jou lewe gebeur wat jy nie kan verstaan oor hoekom God dit toegelaat het nie - maar wees verseker - NIKS gebeur sonder rede nie...  My boetie het die volgende cool quote vir my gestuur vandag - mag dit vir jou iets beteken!  God gaan vir jou deurkom - hou net aan hoop, glo en vertrou...


Blessings!
 
Anel xx
 

No comments: