Sunday 23 March 2014

“Don’t limit your challenges, challenge your limits…” ~ Unknown


Haloes! J

“Don’t limit your challenges, challenge your limits…” ~ Unknown

Luke 18:27

“Jesus replied, "What is impossible with men is possible with God."

James 1:5

“If any of you lacks wisdom, he should ask God, who gives generously to all without finding fault, and it will be given to him…”

"God is the only one who can make the valley of trouble, a door of hope..." ~ Christine Marshall

“If we are not a little bit uncomfortable each day, we’re not growing…  All the good stuff is outside our comfort zone…” ~ Jack Canfield

Limiete…  Daar is so baie “limiete” waarmee ons daagliks gekonfronteer word…  Spoed-limiete – wat ons as getroue wetsburgers moet nakom en waarvolgens ons moet ry ten einde ongelukke te voorkom…  Kredietlimiete – wat ons help om ons begrotings te kan nakom…  Alkohol limiet, dit wat jy mag inneem sodat jy steeds agter jou stuurwiel mag inklim…  En dan natuurlik ook die limiet op jou bagasie wanneer jy vlieg – om te voorkom dat een persoon nie 100kg saamneem en ander mense daarmee verhoed word om enige bagasie saam te neem nie…  As dit nie vir hierdie limiete was nie, sou ons in ‘n wêreld geleef het sonder reels, wat uiteindelik tot chaos kan lei…

Elkeen van ons het ook fisiese limiete – waar jou liggaam totaal en al uitgeput kan wees na ‘n oefensessie, of na ‘n baie lang dag dat jy sommer net in die bed neerval as jy by die huis kom…  Agressie limiete, waar iemand jou dalk kan opwerk, totdat jy dit net nie meer binne jou kan hou nie tot jy die punt bereik wat dan lei tot ‘n geveg…  Party van ons is nie liggaamlik so sterk soos ander nie – wat weer tot gevolg kan hê dat ons nie dieselfde tipe uitdagings as wat ander mense “kafdraf” nie, kan doen nie…  Partykeer dink ek het ons ‘n brein“blok” op sekere uitdagings waarmee ons geface word…  Ons verloor al die geveg nog voordat ons daarmee gekonfronteer word…  Of dit vanweë die grootsheid daarvan is, ons moegheid, of miskien net die feit dat ons fokus op ons swakpunte – eerder as ons sterkpunte…  GEEN uitdaging is groter as God nie…  En jy het vir God – God wat aan jou daagliks genoeg krag en genade gee vir die volgende 24 uur…  God wat ‘n situasie wat SO onmoontlik lyk, in ‘n absolute BLESSING kan verander…  God wat dinge laat gebeur, sodat jou lewe een van seen vir ander rondom jou kan word…  Miskien kort jy op hierdie oomblik wysheid…  Miskien het jy groot besluite wat gemaak moet word, en weet jy nie lekker watter kant toe nie…  Sit jou challenge in God se hande – Hy is groter as jou challenge en ook jou limiete (dit wat jy deur jou eie oë raaksien)…  Hy sal sorg – in jou donkerste nag, en in jou goorste dag – God is reeds daar…  Luke 1:37 - "For nothing is impossible with God..."

Blessings!

Anel xx

 

 

No comments: