Wednesday 12 March 2014

“A bend in the road is not the end of the road, unless you fail to make the turn…” ~ Author Unknown


Haloes! J

“A bend in the road is not the end of the road, unless you fail to make the turn…” ~ Author Unknown

Hebrews 10:19-23

“And so, dear brothers and sisters, we can boldly enter heaven’s Most Holy Place because of the blood of Jesus. By his death, Jesus opened a new and life-giving way through the curtain into the Most Holy Place. And since we have a great High Priest who rules over God’s house, let us go right into the presence of God with sincere hearts fully trusting him. For our guilty consciences have been sprinkled with Christ’s blood to make us clean, and our bodies have been washed with pure water. Let us hold tightly without wavering to the hope we affirm, for God can be trusted to keep his promise…”

“Your life, is your message to the world…  Make sure it is inspiring…” ~ Unknown

“The pain you feel today is the strength you feel tomorrow. For every challenge encountered there is opportunity for growth.” - Unknown

Ek weet nie of van julle al daardie drome gehad het waar jy oppad was na die einde van ‘n “afgrond” en die motor wat nie kan stop nie…  Dit het dan tot gevolg dat jy binne in die see inry…  Die grootste verligting is om wakker te word en te besef dat dit NET ‘n droom was…  Ek was altyd so gefassineerd deur daardie “halwe brûe” in die stad – die wat nooit klaar gebou is nie…  Dit was altyd vir my so kommerwekkend toe ek klein was oor hoe iemand gaan weet dat hulle nie met daardie pad moet aanry nie – want WAT AS hulle nie die halwe brug sou opmerk en wat as hulle dan van die brug afry??

Miskien voel jou lewe vir jou vandag so…  Dat jy in ‘n motor is wat oppad is om teen ‘n afgrond af te ry, en dat daar niks is wat jy kan doen om dit te stop nie…  Miskien is jou finansies so beroerd, dat die uitvloeie soveel meer is as die invloeie, en het jy al moed opgegee om ‘n oplossing daarvoor te vind…  Miskien het die dokter vir jou slegte nuus gegee en sukkel jy om dit te verwerk…  Miskien het jy ‘n geliefde wat baie swaarkry, en voel jou hande so afgekap omdat daar niks is wat jy vir hulle kan doen nie…   Of miskien is jy vasgevang in ‘n verhouding of ‘n werk wat jou net totaal en al ongelukkig maak…  Wat ek vandag vir jou wil sê, is al LYK dit of jy afstuur op ‘n muur of afgrond wat voor jou staan, God SAL ‘n pad maak, sodat dit slegs ‘n DRAAI in jou pad sal wees…  Wanneer ons op God vertrou, is die onmoontlike moontlik…  Hy gryp ALTYD in wanneer ons nie meer kan nie – en Hy sal ook vir jou uitkoms bring…  Ek weet dis moeilik om perspektief te behou wanneer dit vir jou voel of die wêreld vergaan, maar solank as wat jy vir God het – het jy hoop…  Solank as wat jy opkyk, en al moet jy ‘n paar tree KRUIP – solank jy net aanhou beweeg – SAL God sorg…  Wanneer jy voel of die aanslae van die wêreld groter is as wat jy kan face – bly op jou knieë…  Op jou knieë kan dit jou nie omslaan nie – en op daardie manier is jy nader aan God…  Hy SAL sorg dat daardie deur wat jy so broodnodig het om oop te gaan, SAL oopgaan…  Wees verseker – jou Hemelse pappa is GROTER as ENIGE IETS wat jy dalk tans face…  Hy het jou oneindig baie lief en EENDAG, wanneer ons terugkyk, sal ons verstaan hoekom ons sekere dinge moes deurmaak…  Mag jou dag gevul wees met NET mooi dinge!

Blessings!

Anel xx

 

No comments: